Mnr. en Mej. S­trui­sie met ’n ver­skil aan­ge­bied

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Ho­ër­skool Oudts­hoorn het van­jaar, soos el­ke an­der jaar, hul­le Mnr. en Mej. S­trui­sie ge­kroon, maar die jaar het hul­le dit an­ders be­na­der.

Ma­ry­ke Bo­tha, S­trui­sies se be­mar­kings­be­stuur­der sê hul­le wou weer die ge­meen­skap van Oudts­hoorn, ver­al die toe­ris­me­be­dryf, by­me­kaar bring.

"Mnr. & Mej. S­trui­sie 2020 is meer as net 'n spog­ge­leent­heid vir die s­kool, maar ook ‘n sim­bool van hoop vir die ge­meen­skap van Oudts­hoorn. Daar is be­sluit om by ver­skeie or­ga­ni­sa­sies be­trok­ke te raak so­dat ons aan die ge­meen­skap kan te­rug­gee. Hier­die pro­jek het nu­we hoop en klein vreug­des in 'n be­druk­te ge­meen­skap ge­skep. Die ge­meen­skap het saam­ge­staan en bo moei­li­ke e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de uit­ge­styg. Die ver­lies van die KKNK en die knou wat die pan­de­mie op die vol­struis­be­dryf ge­laat het, is bly­wend op die wel­stand van die Oudts­hoorn-ge­meen­skap."

Leer­ders het tus­sen 7 Au­gus­tus en 4 Sep­tem­ber 13 e­pi­so­des van die kom­pe­ti­sie, wat die lief­da­dig­heids­pro­jek­te in­sluit, di­gi­taal op­ge­neem. Dit is by ver­skeie ba­kens in en om Oudts­hoorn ge­doen.

Die deel­ne­mers het on­der­meer K­lip­drift P­ri­mêr besoek en geld en speel­goed, sport­toe­rus­ting, kos en plan­te aan die s­kool ge­skenk.

"APD-dag­sorg, 'n dag­sorg wat na kin­ders met ge­stremd­he­de om­sien, was die deel­ne­mers se vol­gen­de pro­jek. Hul­le het toi­let­wa­re en kon­tant in­ge­sa­mel as­ook ge­help om 'n tuin­pro­jek te be­gin. S­trui­sies het ook warm kom­ber­se aan die kin­ders ge­skenk. Deel­ne­mers het ook He­len Bel­ling­han­hof te­huis vir be­jaar­des besoek. Dr. Wes­sel Ver­meu­len het 'n kin­der­boe­kie Die S­tou­te Coro­na ge­skryf en 'n on­der­wy­ser van Ho­ër­skool Oudts­hoorn, Ronéll La­re­man, het die il­lus­tra­sies ge­doen. Dr. Ver­meu­len het die boe­kies aan die s­kool ge­skenk en die in­kom­ste gaan aan He­len Bel­ling­han­hof."

El­ja­da-na­sorg vir per­so­ne met ge­stremd­he­de was ook deel van die deel­ne­mers se pro­jek.

Die wen­ners van Mnr. & Mej. S­trui­sie 2020 sal voort­gaan om die ge­meen­skaps­pro­jek­te te on­der­steun en die beeld van die s­kool en dorp uit te dra.

Die wen­ners soos hul­le op 4 Sep­tem­ber ge­kroon is, is as volg:

Mej. S­trui­sie: I­mo­gen Fou­rie

Mnr. S­trui­sie: A­ziz Jan­tjies

Die Ad Astra-prys (Die per­soon wat bui­te sy/haar ge­mak­so­ne steeds deel­ge­neem het) Mnr. Ad Astra: Ali Nait-Sai­di en Mej. Ad Astra: K­ha­nyi­sa Mats­ha­ka

Mnr. en Mej. Fo­to­ge­nies

Han­rü Storm en Hy­b­re-Ann Hef­ke

Mnr. en Mej. Per­soon­lik­heid Dru­won Las­ha­wa en Me­key­la G­rey­ling Twee­de Pluim­prins: Han­rü Storm Twee­de Ve­re­prin­ses: Chri­zan­ne Hu­man Eer­ste Pluim­prins: Ni­mo van der Mer­we Eer­ste Ve­re­prin­ses: Ru­by-Ann van Heer­den

Mnr. en Mej. S­trui­sie is I­mo­gen Fou­rie en A­ziz Jan­tjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.