GPF en SAPD hul­dig bri­ga­dier

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Sy was vir hom ‘n ma­fi­guur en 'n om­gee­mens soos min. So het P­hil­lip Se­roux, pro­jek­be­stuur­der van die Oudts­hoorn­ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF), ver­le­de Don­der­dag in die Gra­ce C­hurch In­ter­na­ti­o­nal ty­dens 'n ge­denk­diens vir wy­le b­rig. L­a­vo­na Ja­nu­a­ri, voor­ma­li­ge be­vel­voer­der van die Oudts­hoorn­po­li­sie ge­sê. Die diens is deur die GPF in sa­me­wer­king met die SAPD ge­re­ël en le­wen­dig oor EDENfm uit­ge­saai.

Ja­nu­a­rie is na 56 dae in die Me­di­cli­nic Pa­no­ra­ma in Kaap­stad aan Co­vid-19oor­le­de.

Sy het in Maart van­jaar, na 38 jaar in die po­li­sie, met ver­vroeg­de pen­si­oen af­ge­tree.

Vol­gens Se­roux het Ja­nu­a­ri uit haar pad ge­gaan om die sop­kom­buis wat hy en sy vrou vir die kin­ders van Po­li­sie­hoog­te be­dryf, as­ook an­der pro­jek­te van die Oudts­hoorn Chris­te­li­ke Jeug­fo­rum (OCJF) te on­der­steun.

Die voor­sit­ter van die GPF, Pa­trick Blaauw, het in sy hul­de­blyk, Ja­nu­a­ri be­skryf as 'n vrou van in­bors en ‘n diep ge­lo­wi­ge mens.

“Sy het ‘n voor­lief­de ge­had om nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies in die ge­meen­skap te on­der­steun en was ‘n span­lei­er soos min. Sy wou al­tyd help war sy kon.”

T­wee ker­se om Ja­nu­a­ri se na­la­ten­skap te vier is deur on­der­skei­de­lik b­rig. No­lan Mi­cha­els en pas­toor Gla­dys Ge­or­ge, po­li­sie­ka­pe­laan, aan­ge­steek.

Die een vir haar le­we as lid van die SAPD vir 38 jaar se diens­le­we­ring aan haar ge­meen­skap en die twee­de vir die rol wat sy as ma, ou­ma en vrou vir haar man ge­speel het.

Fo­to: Garnett Wicomb

Ker­se is vir bri­ga­dier L­a­vo­na Ja­nu­a­ri aan­ge­steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.