In­bre­ker ge­von­nis

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

'n Man van B­ridg­ton op Oudts­hoorn wat by sy broer se huis in­ge­breek het en vir geld ge­soek het, is in die Oudts­hoorn­streek­hof aan huis­braak met die op­set om te steel skul­dig be­vind en vyf jaar ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê.

Den­zil Boe­sak (29) het skul­dig ge­pleit op die aan­klag dat hy op 18 De­sem­ber 2019 by die ka­mer­ven­ster van sy broer, Max­well Boe­sak, in­ge­klim het ter­wyl sy broer­hul­le ge­slaap het.

Hy het er­ken dat hy op soek was na geld en ter­wyl hy daar­mee be­sig was, het ie­mand in die huis wak­ker ge­word en hom er­ken.

Hy is toe weer deur die ka­mer­ven­ster en het op die vlug ge­slaan.

Hy het ook te­reg­ge­staan op aan­klag van sek­su­e­le aan­ran­ding maar die klag­te is deur die staat te­rug­ge­trek.

Streek­land­dros Da­niel Boks het met von­nis­op­leg­ging in ag ge­neem dat Boe­sak skul­dig ge­pleit het en nie hof­tyd ge­mors het nie.

Hy het ook be­rou ge­toon vir wat hy ge­doen het. Hy kan na die uit­die­ning van ‘n ses­de van sy von­nis, dit wil sê tien maan­de, om pa­rool aan­soek doen.

Ge­ne­rie­se fo­to

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.