P­hil­li­pus wen eer­ste gholf-vleis­dag

Oudtshoorn Courant - - SPORT - WYNDHAM EWERTS

Wil­li­am P­hil­li­pus het ver­le­de Sa­ter­dag die Oudts­hoorn­gholf­klub se eer­ste vleis­dag­toer­nooi se­dert in­per­king met 'n tel­ling van 40 pun­te ge­wen. Al­te­saam 60 spe­lers het op die dag af­ge­slaan wat in die in­di­vi­du­e­le S­ta­ble­ford­for­maat be­slis is.

Da­ni­ël Boks was op 'n uit­tel van 39 pun­te in die twee­de plek ge­volg deur André Plaat­jies wat in die der­de plek ge­ëin­dig het. P­hil­li­pus se gholf­stok­ke was aan die brand en hy het ook die boer­pot in­ge­palm as­ook 'n spogt­wee op die 10 put­jie be­haal. Lou­is Fou­rie (jr.) het op die ag­ste put­jie die naas­te aan die pen­ne ge­slaan.

Bru­ce Youn­ge, o­pe­ra­si­o­ne­le be­stuur­der van GholfRSA, het ook ver­le­de Vry­dag die Oudts­hoorn-gholf­klub vir die eer­ste keer besoek om 'n pot­jie gholf te speel. In­tus­sen het Oudts­hoorn-gholf­klub se jog­gies vir 'n twee­de keer se­dert in­per­king 'n voed­sel­koop­be­wys­toe­laag van GholfRSA ont­vang.

Vol­gens Lou­is Fou­rie, be­stuurs­lid van die Oudts­hoorn-gholf­klub is daar in hier­die sta­di­um geen kor­re­spon­den­sie van GholfRSA ont­vang of die jog­gies weer vir voed­sel­koop­be­wy­se in aan­mer­king sal kom nie aan­ge­sien jog­gies nou weer soos nor­maal­weg werk.

Fo­to: Wyndham Ewerts

Wil­li­am P­hil­li­pus Van links is Bru­ce Youn­ge, Al­lan Ing­ham-Bro­wn en Paul S­troe­bel (klub­kap­tein).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.