Oudtshoorn Courant

Stywe prys vir stoetbul

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Radie Loubser (38), ‘n deeltydse Boran-stoetbeesb­oer, het die afgelope naweek die derde hoogste prys vir sy stoetbul by die Umoja-veiling in Parys in die Vrystaat gekry.

Volgens Loubser, wat voltyds by Volkswagen werk, boer hy al ongeveer 13 jaar met Boran-beeste. “Die bul se naam is Vrystaat en hy weeg

900 kg. Boran is ‘n inheemse vleisras met sy oorsprong in Ethiopië, Somalië en Kenia. Ek het R420 000 vir hom gekry. Vrystaat is ‘n regte gentle giant. Ek is baie trots op hom.”

Loubser sê hy was aangenaam verras deur die prys wat hy vir Vrystaat gekry het.

“Ek is nog bietjie in skok, maar dit was ‘n wonderlike ervaring.”

Loubser sê die Umoja-veilig is ‘n nasionale veiling wat net een keer ‘n jaar gehou word. Ongeveer 400 telers het deelgeneem en daar was 80 lotte.

Volgens hom is die Boran-boerdery iets wat hy werklik geniet.

“Ek is in die stoetboerd­ery want mens raak lief vir die diere en dan kry jy dit nie oor jou hart om hulle te slag nie. Ek is ook ‘n senior rasadviseu­r en -keurder.”

Loubser sê hy het aanvanklik in Oudtshoorn begin boer, maar as gevolg van die droogte moes hy die boerdery na die Vrystaat en Noordwes skuif.

“Ek het ongeveer 200 beeste daar waarvan so 80 in ‘n stoet is.”

 ?? Foto verskaf ?? Vrystaat die Boran-bul.
Foto verskaf Vrystaat die Boran-bul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa