Oudtshoorn Courant

Swanepoel wen toernooi

- WYNDHAM EWERTS

Jaco Swanepoel het verlede Saterdag die ODN-gholfklub se gholftoeno­oi met ‘n telling van 43 punte gewen. Corné Mulder, Marthinus Oosthuizen en Derick Khun het almal ‘n uittel van 38 punte behaal en ook in daardie volgorde onderskeid­elik geëindig. Swanepoel kon ook daarin slaag om die boerpot met 11 punte in te palm. Ian Laubcher het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan. Altesaam 54 spelers net op die dag afgeslaan wat in die individuel­e Stableford-formaat beslis is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa