Oudtshoorn Courant

Karwag oorlede

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN Een van Oudtshoorn se bekendste karwagte, George Washinggre­en (56), het verlede Vrydag aan ‘n hartaanval beswyk.

Washingree­n het, volgens sy seun Rudi (24), die afgelope 20 jaar as karwag diens by die Checkers-parkeerare­a gedoen.

Rudi het aan Oudtshoorn Courant gesê dat sy pa voor sy afsterwe vir vyf dae bedlêend was.

“My pa het niks lekker gevoel in daai tydjie nie. Hy het nie graag uit sy werk gebly nie en dis hoe ek geweet het dat iets fout was. Die betrokke Vrydagogge­nd het my ma my gebel en gesê dat my pa pas ‘n hartaanval by die huis gehad het.

“Ek was in daardie stadium by my antie se woning, maar het dadelik gesorg dat ek by die huis kom. My ma het intussen die ambulans gebel.

“Hulle het masjiene aan hom gekoppel om hom by te bring, maar dit was tevergeefs. Ek sal my pa altyd onthou as ‘n goedhartig­e mens wat vir ander mense geleef het. Vir my was hy ’n goeie pa en ‘n toegewyde gesinsman wat vir ons huisgesin deur dik en dun gesorg het.”

Washinggre­en word deur sy vrou Lenie en seun Rudi Washinggre­en oorleef.

Die begrafnis is Saterdag om 11:00 by die huis in Ohklahomas­traat in Rosebank.

 ?? Foto verskaf ?? George Washinggre­en
Foto verskaf George Washinggre­en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa