Oudtshoorn Courant

Vegter met glimlag rus nou in hemel

- HUGO REDELINGHU­YS

GRAAFF-REINET - ‘n Vegter met ‘n ewigdurend­e glimlag se plek op aarde is wel leeg, maar die hemel is ‘n engel ryker.

Só lui die Facebook-inskrywing van Henry Thompson, nadat sy vrou Anelle, op Sondag 29 Augustus om 12:15 haar lang stryd teen kanker verloor het.

Die 60-jarige Anelle was ten tyde van haar dood in die Mercantile-hospitaal in Port Elizabeth (Gqeberha) se onkologiea­fdeling opgeneem waar sy vir die rare tipe angiosarko­omkanker behandelin­g ontvang het.

Henry sê sy het gesukkel om asem te haal ten spyte van al die suurstof wat sy ontvang het. “Die angiosarko­omkanker het haar longe en weefsel geïnfiltre­er en daar was heelwat vog op haar longe en hart.

“Sy het moedig bly veg tot aan die einde en sy het deurentyd positief gebly en bly glo. Sy was voorwaar ‘n inspirasie vir almal met haar onwrikbare geloof.

“As mens kon Anelle niemand kwaad aandoen nie, maar sy kon wel haar man staan in enige taai situasie. Anelle was voorwaar ‘n onderwyser­es in murg en been en een wat die kinders altyd eerste gestel het. Daar is en sal nooit weer só ‘n vegter wees met haar ewigdurend­e glimlag nie.”

Henry en sy seuns het hul dankbaarhe­id uitgespree­k teenoor almal wat vir Anelle gebid en boodskappe van vertroosti­ng gestuur het. “Dankie vir julle woorde van

In

bemoedigin­g; sy het dit beslis ter harte geneem en gewaardeer.

“Eintlik het sy die kanker oorwin deurdat sy nou veilig en rustig in die Here se hande rus. Sy wag nou vir ons almal daarbo in die hemel.”

Verskeie oudkollega­s en vriende het só op Facebook gereageer ná die nuus van haar dood rugbaar geword het: Karle van Zyl -

2017 het ek die voorreg gehad om tannie Anelle vir die eerste keer te ontmoet.

Sy is hierdie pragtige blondekop vrou met die mooiste blou oë.

‘n Vrou wat hardwerken­d is en ‘n passie het vir dit wat sy doen.

‘n Vrou wie se hande altyd uitgestrek is om almal te help.

‘n Vrou wie se arms altyd oop is vir ‘n drukkie.

‘n Vrou wie se glimlag so stralend is wat selfs die son jaloers kan maak.

‘n Vrou wie sterk is, vasberade is en deursettin­gsvermoë het soos ek nog nooit gesien het nie. ‘n Vrou wie se huis altyd oopstaan vir koffie en warm geselskap.

‘n Vrou wie so lief is vir diere dat sy seker haar huis in ‘n shelter sou verander het as sy kon.

‘n Vrou wie se siel so suiwer is en wie se hart van goud gemaak is.

‘n Vrou wat ‘n sout van die aarde mens is, want oral waar sy gaan maak sy als net beter.

‘n Vrou wat diep spore in enige iemand se hart en lewe kan trap. ‘n Vrou wat haar familie beskerm en enige iets vir hulle sal doen. ‘n Vrou wat definitief onvergeetl­ik en ongeloofli­k is en by wie jy so baie kan leer. Ek is baie lief vir tannie. Roelien van de Putte - RIV Anelle. Jy was moedig, altyd positief gebly en bly glo. Jy was voorwaar ‘n inspirasie vir almal van ons met jou onwrikbare geloof en positiwite­it. Ons klompie ou plaasskool­juffies gaan jou mis! Henry, Ruan en Arno, so jammer vir jul verlies! Sterkte in die tyd.

Linda du Plessis Terblanche - Sy was ‘n voorbeeld van ware geloof!! Rus sag Anelle.

Cherlaine Meiring - Ek gaan haar so mis. Sy’t altyd moeite gedoen om ons juffies se kuiers by te woon en altyd so positief gewees. Nooit ooit gekla nie.

Lizette Edwards - Ek dink nie daar is ‘n regte woord wat Anelle se passie vir haar skoolkinde­rs, vriende en familie kan beskryf nie. R.I.V vriendin. Ek gaan jou mis.

Rita de Villiers - Mees positiefst­e mens wat ek die voorreg gehad het om te ken. Haar geloof was sterk tot aan die einde toe. Sterkte Henry Thomson Ruan en Arno. Ek bid vir julle. Jackie Lombard - Dink aan julle en bid vir julle. Sy was voorwaar ‘n voorbeeld van hoop. Haar geloof is ‘n nalatenska­p wat altyd gekoester sal word. Sterkte. ‘n Puik onderwyser­es en hoof. Haar blymoedige glimlag sal ons altyd bybly.

Marthie Rossouw - Ai nee, wat ‘n skok! Ons innige meegevoel Henry, Ruan en Arno. Sal altyd met deernis en liefde aan haar dink en ons tyd saam by Bloemhof onthou. RIV Nella. Pierre Strydom - Mag ons Here jou en jou familie troos in die tyd van hartseer. Weet dat jul geliefde in ‘n beter plek leef, dans en sing so sê die woord.

Anelle se lewe word Vrydagmidd­ag 3 September om 14:00 met ‘n gedenkdien­s gevier. Die diens sal lewendig uitgesaai word op Facebook onder die NG kerk GraaffRein­et se Facebook-blad.

 ??  ?? Anelle Thompson rus nou in die hemel nadat sy haar stryd teen kanker verloor het.
Anelle Thompson rus nou in die hemel nadat sy haar stryd teen kanker verloor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa