Oudtshoorn Courant

Infanterie­skool verwelkom Ziyanda

-

Die Infanterie­skool op Oudtshoorn het onlangs hul Springbok-rugbyvroue­speler, Ziyanda Ngohlekana (29), by die basis verwelkom nadat sy haar Protea-buiging op 12 Augustus teen Kenia gemaak het.

Ngohlekana, wat ook deur haar kollegas bekend staan as Zee, het reeds op 6 Augustus na die Stellenbos­chrugbyaka­demie vertrek om die vroue Springbok-oefenkamp by te woon, waarna sy in die finale 22-tal ingesluit is wat twee toetswedst­ryde teen Kenia gespeel het.

Sy het egter nie geleenthei­d gekry om in die eerste wedstryd te speel nie.

In die tweede toets kry sy in die tweede helfte speelkans. Ziyanda het dadelik ‘n impak gemaak gemaak toe sy met die intrapslag die lynstaan suksesvol gewen het. Sy vertel dat sy aanvanklik eers senuweeagt­ig was toe sy die veld betree het: “Ek het net probeer kalm bly en gedoen wat die afrigter vir my gesê het.

“Hierdie wedstryd was sonder twyfel die hoogtepunt van my loopbaan.”

Sy het ook die bestuur van Harlequins Forces-rugbyklub en haar afrigter vir hul ondersteun­ing bedank. Luitenant-kolonel Wolmarans, het haar amptelik verwelkom en gesê dat sy postief moet bly en hard moet werk.

 ?? Foto verskaf ?? Ziyanda word hartlik ontvang deur haar kollegas.
Foto verskaf Ziyanda word hartlik ontvang deur haar kollegas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa