Oudtshoorn Courant

Jong man tronk toe vir diefstal

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - ‘n Jong man is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof aan diefstal en onwettige besit van ‘n vuurwapen skuldig bevind en agt jaar gevangenis­straf opgelê.

Yolisa Sili (23) het onskuldig gepleit op aanklag van diefstal, maar erken dat hy onwettig in besit van ‘n vuurwapen was.

Hy sê in sy pleitverdu­ideliking dat hy by sy oom, Norman Sili, in die militêre basis in Oudtshoorn geloseer het en die vuurwapen op 17 September 2019 vir R500 verpand het om saam met vriende na Mosselbaai te kon gaan.

Volgens hom het hy geweet dat sy oom nie ‘n kluis besit nie en die 9 mm Norinco-pistool tussen klere in ‘n klerekas gehou het. Hy het die vuurwapen aan Sipho Maloi verpand, maar toe hy dit wou terugkry was Maloi nie te vinde nie.

Volgens die staatsaank­laer, Brandon Smith, is dit egter duidelik dat Sili die vuurwapen verkoop het en nie van voorneme was om dit vir sy oom terug te neem nie. Hy het die hof vir skuldigbev­inding op albei klagtes gevra.

Sili se regshulppr­okureur, Wenzel Botha, het die hof versoek om hom slegs aan die besit van ‘n vuurwapen skuldig te bevind en vry te spreek op die aanklag van diefstal.

Streekland­dros Sylvia Mandla het Sili tot drie jaar vir diefstal en vyf jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen gevonnis, wat samelopend ingevolge Artikel 276 (1) (i) van die Strafprose­s Wet uitgedien kan word.

Dit beteken dat hy na die uitdiening van ‘n sesde van die vonnis om parool aansoek kan doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa