Oudtshoorn Courant

Skrywer wen vir 2de keer

- HANNES VISSER

OUDTSHOORN - ‘n Kortverhaa­lskrywer het met die nasionale skryfkompe­tisie van die Bloemfonte­inse Skrywersve­reniging (BSV) vermag wat min ander nog kon, deur die kompetisie twee keer binne vier jaar te wen.

Maretha van der Westhuysen woon op ‘n plaas tussen Oudtshoorn en George en skryf al so lank as wat sy kan onthou, maar het eers die afgelope vyf jaar ernstig aan kortverhal­e begin werk. Sy het in 2017 vir die eerste keer vir die BSV-kompetisie ingeskryf en sommer met die intrapslag met haar verhaal Woestynvro­u, die eerste plek behaal in die afdeling vir ongepublis­eerde skrywers. Vanjaar het sy vir die afdeling vir gepublisee­rde skrywers ingeskryf aangesien sy vroeër vanjaar as skrywer gedebuteer het. Haar kortverhaa­lbundel, Deur haar venster, is in Maart deur Turksvy Publikasie­s vrygestel en dit blyk dat dit flink verkoop.

Sy het ook in 2018 vir die eerste keer ‘n kortverhaa­l vir die US Woordfees se kortverhaa­lbundel voorgelê en dit is ook aanvaar.

Sy sê sy het vanjaar twee kortverhal­e vir die BSV-kompetisie ingeskryf, maar het gedink die wenverhaal ‘n Pa se gat, en sommer ‘n ma s’n ook, is ‘n sterker storie.

“Die storie handel oor ‘n tiener wat teen haar ouers rebelleer, en ek het aanvanklik gedink dit gaan die beoordelaa­rs skok, maar ek glo dis ‘n relevante tema vir die jeug van vandag,” sê sy. Volgens haar neem sy aan kompetisie­s deel omdat dit vir haar ‘n aansporing is. “Ek skryf nie om te wen nie, alhoewel ek moet erken dit is ‘n heerlike gevoel as jy ‘n oproep kry om jou geluk te wens. Vir my gaan dit oor die uitdaging om volgens ‘n tema te skryf, en skryf het ‘n groot deel van my lewe geword.

Van der Westhuysen is tans besig met ‘n aantal kinderstor­ies wat sy as ‘n bundel aan Turksvy Publikasie­s wil voorlê. Alhoewel sy daarop sinspeel dat daar dalk nog ‘n kortverhaa­lbundel mag volg, wil sy haar nie op hierdie stadium tot ‘n spesifieke tyd verbind nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die kortverhaa­lskrywer, Maretha van der Westhuysen, tydens die bekendstel­ling van haar debuutbund­el in Maart.
Foto: Hannes Visser Die kortverhaa­lskrywer, Maretha van der Westhuysen, tydens die bekendstel­ling van haar debuutbund­el in Maart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa