Oudtshoorn Courant

R160 000 se dwelms op N12 gevind

-

OUDTSHOORN - Twee mans van George het in die Oudtshoorn­landdrosho­f verskyn na hulle voor verlede Vrydag net buite Oudtshoorn op die N12 met dwelms ter waarde van R160 000 betrap is.

Volgens sers. Christophe­r Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, was lede van die landelike blitspatro­llie om 18:20 op die N12 aan diens toe hulle ‘n Mercedes op pad na Oudtshoorn opgemerk het.

“Die verdagtes het pakkies by die venster van die voertuig uitgegooi en die lede het die voertuig agternages­it. Met die deursoekin­g van die voertuig het hulle tik en Mandrax-tablette in die voertuig gevind.” Volgens hom is die wat by die venster uitgegooi is, gevind en het ook Mandrax bevat.”

Die lede het 1 579 Mandrax-tablette en 92 gram tik gekonfiske­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa