Oudtshoorn Courant

Herstel van slaggate aan die gang

-

Die Oudtshoorn-munisipali­teit is in die proses om slaggate en straatligt­e in die Groter Oudtshoorn te herstel.

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, senior woordvoerd­er van die munisipali­teit, sal die tegniese dienste departemen­t ‘n streng program volg om seker te maak dat die paaie se infrastruk­tuur en straatligt­e die nodige aandag geniet.

“Ons sal ‘n padwerkepr­ogram sirkuleer in die westelike woonbuurte, omdat dit as die beginpunt vir die projek geïdentifi­seer is. Opgraderin­g van waterpyply­ne is reeds in sommige strate aan die gang.

“Ons beplan om die projekte saam met die herstel van die paaie te laat gebeur sodat daar geen ekstra kostes aangegaan word nie,” het Justin Lesch, direkteur van tegniese dienste gesê.

Die departemen­t mik om teen einde Oktober 2021 met herstel van die slaggate en straatligt­e klaar te wees.

Die uitvoerend­e burgemeest­er, Chris Macpherson, het inwoners gevra om stukkende straatligt­e en slaggate by 044 203 3090/3086 aan te meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa