Oudtshoorn Courant

Opleiding op sypaadjie ná inbraak by sentrum

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - Nie eens ‘n inbraak by die niewinsgew­ende organisasi­e Hofmeyr Hugs of Hope kon hul beplande opleidings­kursusse verhinder nie. Met die polisie steeds op die toneel, is die opleiding in die ope lug op ‘n sypaadjie aangebied.

Retha Smit, rekenmeest­er van

Hugs of Hope, sê hulle sou verlede Woensdag 1 September met kreatiewe herwinning­sopleiding begin en terselfder­tyd ook ‘n volbespree­kte Educare-kursus aangebied het. Die oggend net vóór die aanvang van die kursusse het ons uitgevind dat inbrekers die vorige nag toegang tot die gemeenskap­sentrum verkry het en verskeie artikels gesteel het.”

Die hele kompleks is deur die polisie afgesper en beveilig in afwagting op die vingerafdr­ukspan, wat vanaf Middelburg moes deurkom,” sê Willem Hänket, terreinbes­tuurder van die kompleks.

Maar die vroue van Hugs of Hope is planmakers en binne minute is twee buitekamer­s oorkant die straat ontruim vir die herwinning­sopleiding, maar toe daag daar meer belangstel­lendes op as waarvoor daar plek in die ontruimde lokale is.

“Ek was bekommerd toe ek opdaag om met opleiding te begin,” vertel Elsa About, ‘n Educare-opleier. “Dit was egter ‘n heerlike, sonnige lentedag en die opleiding is sommer op die sypaadjie onder die dennebome aangebied.

“Die ruim naaldwerko­pleidingsl­okaal is egter vinnig tot ons groep se beskikking gestel en opleiding kon sonder enige oponthoud ‘n aanvang neem.”

Die Hofmeyr-polisie was vinnig op die toneel en verskeie verdagtes is reeds in hegtenis geneem. Verskeie artikels van die NGK Hofmeyr-gemeente en van Hofmeyr Hugs of Hope is tydens die inbraak gesteel.

 ?? Foto: Teresa Opperman ?? Ná ‘n inbraak by hul gemeenskap­sentrum moes Hugs of Hope hul herwinning­sopleiding in Hofmeyr in die opelug op die sypaadjie onder die dennebome aanbied. Die twee aanbieders was Penny Els en Elmarié Vorster, beide van Cradock.
Foto: Teresa Opperman Ná ‘n inbraak by hul gemeenskap­sentrum moes Hugs of Hope hul herwinning­sopleiding in Hofmeyr in die opelug op die sypaadjie onder die dennebome aanbied. Die twee aanbieders was Penny Els en Elmarié Vorster, beide van Cradock.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa