Oudtshoorn Courant

Griffie-onnie kry toekenning

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Ashleigh Taljaard, ‘n gr. 2-onderwyser van Laerskool van Reede is Vrydagaand vereer met WKOD-toekenning vir uitnemendh­eid in laerskoolo­nderwys.

Die toekenning is tydens ‘n formele geleenthei­d in Kaapstad aan haar oorhandig. Die nasionale onderwysto­ekennings word jaarliks aangebied om onderwyser­s te eer vir die bydrae wat hulle tot onderwys lewer. Vrydagaand se geleenthei­d was gehou om die Wes-Kaapse presteerde­rs aan te wys.

Taljaard dring nou deur na die nasionale toekenning­s wat in Oktober aangekondi­g word. Sy moet eerskomend­e Maandag in Johannesbu­rg wees vir die onderhoude.

Sy het 16 ander genomineer­de onderwyser­s in dié kategorie uitgestof.

Wat haar van ander onderskei het was haar inisiatief om verlede jaar, tydens die grendeltyd­perk toe skole gesluit was, haar eie YouTube-kanaal te begin waar sy vir haar leerders klas aangebied het en ook ouers gehelp het om hulle kinders prakties tuis te leer.

“Die Wes-Kaapse onderwysde­partement het ook die video’s op hulle e-Portal gebruik om kinders regoor die Wes-Kaap te help,” het sy verduideli­k.

Taljaard is reeds agt jaar ‘n onderwyser waarvan sy sewe jaar by Laerskool van Reede in diens is.

“Om die toekenning te kon ontvang was vir my ‘n groot eer en voorreg. Dit is lekker om te weet dat die moeite wat mens insit raakgesien word en dat mens erkenning kry daarvoor.”

Taljaard het haar skoolhoof, Johnny Bischoff, wat haar vir die toekenning ingeskryf het, bedank.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Ashleigh Taljaard
Foto: Liezl van Niekerk Ashleigh Taljaard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa