Oudtshoorn Courant

Divan jaag blink toekoms tegemoet

-

Op slegs 9-jarige ouderdom het Divan Meyer van die Oudtshoorn Motorklub al behoorlik sy stempel afgedruk op motorsport in Suid-Afrika. Divan het as 'n tjokkertji­e vir die eerste keer op 'n kalkbaan by Bredasdorp in 'n Ninja Midget deelgeneem. Hy was net ses. Kort daarna het hy in Oudtshoorn se bekende ovaalbaan begin deelneem met sy Quad. Tevrede dat sy hantering van die voertuig op standaard is en dat Divan se vernuf groot belofte toon, het sy ouers,

Clive en Vicky vir hom 'n Mini gekoop.

Net verlede week het Divan weer gewys dat 'n blink toekoms as renjaer vir hom voorlê, toe hy 'n skitterend­e tweede plek by die WorcesterM­otorklub losgejaag het.

Divan loop tans voor op punte in sy klas op klubvlak asook in die Suid-Westelike distrik.

Hy is ‘n gr. 3-leerder by Holy Cross Primary in George en kom uit 'n familie waar sy ma en pa al sedert 2002 renmotors ry. Oupa Chris Koekemoer was 'n voorloper in versnelwed­renne (drag racing) en Divan het langs die ovaalbaan groot geword.

Vicky sê Divan is letterlik van die hospitaal af reguit renbaan toe. "Hy is baie braaf en geniet uitdagings, al is hy so klein. Hy wil graag V8's en Hotrods gaan ry saam die groot manne, maar mamma se hart sal dit nog nie kan hanteer nie!" sê Vicky. "Divan loop aandklasse en ons leer hom al van kleins af al die vlae en reëls. Hy is bevoeg om in enige situasie verantwoor­delik op te tree. Ons is baie trots op hom en sien nog groot dinge wat voorlê."

 ??  ?? Divan Meyer loop tans voor op punte in sy klas op klubvlak asook in die SuidWestel­ike distrik.
Divan Meyer loop tans voor op punte in sy klas op klubvlak asook in die SuidWestel­ike distrik.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa