Oudtshoorn Courant

Eden-kleure vir Wesbanklee­rders

-

Twee leerders van Laerskool Wesbank, Alrie Eloff (8) en Bia Strydom (11), het verlede Saterdag Eden-kleure by die Eden XCO-bergfiets eindronde in Knysna verwerf. Albei het eerste plekke in hul onderskeie afdelings behaal.

Dié twee het ook onlangs aan die Wes-Kaapse XCM 18km-bergfietsk­ampioenska­ppe deelgeneem waar Eloff in die 9 tot 10 jaar-afdeling ‘n tweede plek behaal het, terwyl Strydom in die derde plek in die 11 tot 12 jaar-afdeling was.

Albei het ook deelgeneem aan die Western Cape XCO-kampioensk­appe wat by die Knysna Oakhill skool plaasgevin­d het. Eloff het ook hier derde in haar kategorie geëindig.

 ?? Foto verskaf ?? Bia Strydom (links) en Alrie Eloff.
Foto verskaf Bia Strydom (links) en Alrie Eloff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa