Oudtshoorn Courant

OPL Kings slag vir George

- WYNDHAM EWERTS

Oudtshoorn se OPL Kings-vlakkiekri­eketspan het die afgelope naweek in Conville, George, die tuisspan oortuigend in albei hul kragmeting­s geklop.

Die wedstryd is op ‘n lowergroen veld gespeel, iets waaraan die Oudtshoorn­iete nie in hul eie dorp gewoond is nie omdat alle wedstryde tuis op dorre velde gespeel word. Soos verwag het die manne sierlik vir elke vangskoot geduik met die wete dat sy bestemming ‘n sagte groen bed is.

Eerste wedstryd

Die besoekers het in hul eerste wedstryd die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Groot was hul verbasing toe hulle besef dat die sement kolfblad se wispelturi­ge aard ‘n groot invloed op albei wedstryde sou hê.

Die Kings se twee openingsko­lwers Ruaan Fielies en Willem Goliath het hulle goed van hul taak gekwyt en onderskeid­elik 30 en 20 lopies aangeteken vir ‘n goeie grondslag waarop die middelorde kon bou.

Die middel- en laerorde kon egter nie aan die gang kom nie. Die Kings is uiteindeli­k vir ‘n ietwat teleurstel­lende 71 lopies almal in die 19de boulbeurt uitgeboul wat beteken het dat George ‘n haalbare vier lopies per beurt moes handhaaf vir ‘n oorwinning.

Soos met enige krieketwed­stryd kan geen voorspelli­ngs vooraf met sekerheid gemaak word alvorens albei kolfordes op dieselfde blad gekolf en geboul het nie en die Kings se boulers het nie teleurgest­el nie.

Goliath tesame met Zaen May het verwoestin­g met die bal in die hand gesaai en was grotendeel­s verantwoor­delik dat die tuisspan vir 52 lopies in die 17de boulbeurt uitgeknikk­er is. Kings wen dus met 21 lopies.

Tweede wedstryd

In die tweede wedstryd het die Kings weereens die loot gewen en 136 lopies vir die verlies van vier paaltjies op die telbord geplaas. Goliath (31) en Fielies (27) was weereens die toplopiema­kers vir hul span met die middelorde wat ook stewige bydraes gelewer het. George was van bal een af onder enorme druk om die lopietempo van bykans sewe per boulbeurt vol te hou en kon uiteindeli­k slegs 43 lopies almal uit in die 15de boulbeurt bymekaarsk­raap.

Kings wen dus die tweede wedstryd met 90 lopies.

 ?? Photo supplied ?? Gurshwin Rabie
Photo supplied Gurshwin Rabie
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Ruaan Fielies het in albei kolfbeurte waardevoll­e lopies vir sy span aangeteken. LINKS: Willem Goliath het met bal en kolf uitgeblink.
Foto’s: Wyndham Ewerts Ruaan Fielies het in albei kolfbeurte waardevoll­e lopies vir sy span aangeteken. LINKS: Willem Goliath het met bal en kolf uitgeblink.
 ??  ?? Jean Campher se blitsvinni­ge aflewering­s het George se kolwers laat bontstaan.
Jean Campher se blitsvinni­ge aflewering­s het George se kolwers laat bontstaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa