Oudtshoorn Courant

Icosa beheer nou Odn-raad

- HANNES VISSER

Dit wat reeds verlede jaar in Augustus deur sommige voorspel is, het Vrydag gebeur toe die DA se koalisie-vennote hulle by die ANC geskaar het en die DA-burgemeest­er en -speaker verwyder het.

Die DA se besluit verlede jaar om hande te vat met drie kleiner partye en sodoende aan bewind in Oudtshoorn te bly, het hulle Vrydag aan die hak gebyt toe mosies van wantroue teen Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er en Julia le Roux, speaker, deur 13 van die 25 raadslede goedgekeur is. Vlancio Donson en Barbara Owen van die Independen­t Civic Organisati­on of South Africa (Icosa) is onderskeid­elik as burgemeest­er en speaker aangestel.

Die aanloop tot die DA se verlies aan leierskap het reeds verlede jaar begin toe vier van hulle raadslede bedank het en hulle slegs een setel in die tussenverk­iesing kon inpalm. Om aan bewind te bly moes die DA noodgedwon­ge ‘n koalisie-hand na ander partye uitsteek om die ANC teë te staan. ‘n

Samewerkin­gsooreenko­ms is toe met die vier raadslede van Icosa (2), Sarco (South African Religious Civic Organisati­on) (1) en die EFF (1) gesluit. Met daardie ooreenkoms kon die DA se 12 raadslede saam met die ander vier die ANC se nege troef.

Ooreenkoms ly skipbreuk

Krake het egter sowat drie maande gelede begin wys toe ‘n mosie van wantroue in die burgemeest­er en speaker op 7 Junie voor die raad sou dien. Die mosies is egter op die nippertjie onttrek. Die eerste spyker in die koalisie-kis is egter tydens ‘n raadsverga­dering op 27 Augustus geslaan toe Icosa, Sarco en die EFF saam met die ANC besluite geneem het om die waarnemend­e munisipale bestuurder, Reginald Smit, te vervang met Walter Hendricks wat tans in ‘n hofsaak met die George-munisipali­teit betrokke is. Verskeie ander personeelv­erskuiwing­s is ook tydens die vergaderin­g gemaak, maar die hof het intussen daardie besluite ter syde gestel.

Die laaste spykers is verlede Vrydag ingeslaan toe die mosies van wantroue in die afwesighei­d van die 12 DA-raadslede aanvaar is. Julia le Roux kon nie die vergaderin­g bywoon nie aangesien sy siek was en volgens Macpherson het die ander DA-raadslede besluit om nie die vergaderin­g by te woon nie aangesien hulle glo onder die indruk was dat die besluite wat deur die hof ter syde gestel is, weer sou dien.

Hy het gesê dat die DA nie by ‘n “onwettige vergaderin­g” betrokke wil wees nie, maar het nie gereageer op ‘n vraag of hulle die vergaderin­g soos wat dit plaasgevin­d het, steeds as “onwettig” beskou nie. Hy het egter gesê dat die DA die demokrasie ondersteun en die meerderhei­dsbesluit van die raad aanvaar.

Aangesien Le Roux nie Vrydag in haar pos as speaker beskikbaar was om die mosies te hanteer nie, het die onderburge­meester, Gevan Juthe (Sarco) die Wes-Kaap se minister van plaaslike regering, Anton Bredell, versoek om ‘n persoon te stuur om tydens die vergaderin­g die verkiesing van ‘n nuwe speaker te fasiliteer. Dean O’Neill, munisipale bestuurder van Overstrand, het toe Vrydag voorgesit tydens die aanwysing van ‘n interimspe­aker, Jongelizwe Tyatya (ANC), wat die mosies hanteer het.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Vlancio Donson en Barbara Owen van Icosa, is Vrydag as burgemeest­er en speaker verkies. Regs is Gevan Juthe van Sarco wat sedert verlede jaar die onderburge­meester is.
Foto: Hannes Visser Vlancio Donson en Barbara Owen van Icosa, is Vrydag as burgemeest­er en speaker verkies. Regs is Gevan Juthe van Sarco wat sedert verlede jaar die onderburge­meester is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa