Oudtshoorn Courant

Brand laat inwoners skarrel

- HANNES VISSER

OUDTSHOORN - ‘n Brand, wat riete en bome in die Grobbelaar­srivier verswelg het, het inwoners langs die rivier Saterdagaa­nd laat skarrel om seker te maak dat die brand nie na hulle huise versprei nie en dat diere veilig is.

Die brand het tussen 21:00 en 22:00 langs Van der Rietstraat ontstaan en vinnig in die rigting van Kerkstraat se hangbrug beweeg.

Dit het egter afgeneem voordat dit die hangbrug kon bereik.

Talle inwoners wat die brand gesien het toe dit aan die onderpunt van St Saviourstr­aat gewoed het, was onder die indruk dat dit na ‘n huis versprei het, maar dit was bome langs die rivier wat die vlamme vererger het. Die brandweer het die brand aan die kant van die gholfoefen­bof gekeer en het ook by die hangbrug gereed gestaan indien die riete daar sou begin brand. Die oorsaak van die brand is onbekend, maar daar word vermoed dat mense wat in die bosse langs die rivier slaap dit moontlik kon veroorsaak het. Die brandweer moes verlede week ook vinnig reageer toe riete in die rivier tussen Van der Riet- en Victoriast­raat aan die brand gesteek is. Geen eiendom is in enige van die twee brande beskadig nie, maar talle inwoners het hulle kommer oor die toestand van die rivier uitgespree­k. Daar is reeds in die verlede berig oor pogings en beloftes om die rivier skoon te maak, maar tot dusvêr is niks daadwerkli­k nog gedoen nie.

‘n Navraag oor moontlike stappe om die rivier te ontbos is aan die munisipali­teit gestuur en reaksie daarop sal in ‘n volgende berig geplaas word.

 ?? Foto: Corleen Barnard ?? Die brand in die rivierloop langs Van der Rietstraat.
Foto: Corleen Barnard Die brand in die rivierloop langs Van der Rietstraat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa