Oudtshoorn Courant

Verdagte in PP Kafee-roof vasgetrek

-

OUDTSHOORN - ‘n Man is Dinsdag in verband met die roof op 25 Augustus by PP Kafee in Reserwestr­aat in hegtenis geneem.

Oudtshoorn Courant het vroeër die maand berig die vrou wat in die winkel werk, het gesê sy en die vermeende rower het die dag voor die roof ‘n woordewiss­eling oor koeldrank gehad.

Hy het glo die volgende dag teruggekee­r en volgens die vrou oor die toonbank gespring, haar geskop en op haar skouer getrap waarna hy twee selfone en haar beursie met onder meer R500 gesteel het.

Die Oudtshoorn-polisie het dié week ‘n gesigsames­telling van ‘n man, wat vermoedeli­k die verdagte kan wees, vrygestel.

Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, is dié samestelli­ng onder lede ook versprei.

“’n Lid van ‘n sekuriteit­stroep het ‘n verdagte persoon in ‘n woonbuurt opgemerk waarna hy die foto op ‘n WhatsApp-groep geplaas het en die verdagte volgens die gesigsames­telling uitgeken is. ‘n Formele uitkenning van die verdagte deur die klaer moet nog gedoen word en die ondersoek duur voort.”

Volgens Visser sal die verdagte die week in die hof verskyn.

“Brig. Susan Crafford, die stasiebeve­lvoerder, het haar waardering teenoor al die betrokke partye uitgespree­k. Daar is goeie samewerkin­g en skakeling tussen die polisie en die sekuriteit­smaatskapp­ye wat ‘n groot verskil maak wanneer dit by bekamping en oplos van misdaad kom,” het Visser gesê.

 ?? ?? Die gesigsames­telling wat deur die polisie vrygestel is.
Die gesigsames­telling wat deur die polisie vrygestel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa