Oudtshoorn Courant

Mobiele mammogram-eenheid

-

OUDTSHOORN - Vroue in Oudtshoorn kan vanaf 27 September tot 1 Oktober vir ‘n mammogram en borssonar by die mobiele mammogram-eenheid by die Cape Karoo Ostrich Emporium gaan.

Hierdie is ‘n inisiatief van die Keystone Medical Group wat die topgehalte mobiele kliniek in dorpe, waar vroue moeilik toegang het tot dié geriewe het, stasioneer. Dieselfde eenheid was in Mei ook hier. Volgens Dr. Nikoli van Zyl, ‘n radioloog, word vrouepasië­nte aangemoedi­g om van die geleenthei­d gebruik te maak.

“Ons het beplan om na Oudtshoorn terug te keer vir Borskanker­bewusmakin­gsmaand. Met ons vorige twee besoeke aan die Tuinroete het ons geweldig baie pasiënte gehad. Ons bied weer mammogramm­e en borssonars aan. Borskanker is die mees algemene kanker onder vroue, maar as dit betyds gediagnose­er word, is die oorlewings­yfer baie hoër.”

Volgens Rosa-Marie Cronje, hulle vrouegeson­dheidsorgb­estuurder is hulle missie om vroue bo 40 te motiveer om een keer ‘n jaar vir ‘n mammogram te gaan.

“Ons het ‘n gespesiali­seerde mammografi­s en sonargrafi­s wat met die pasiënte werk en daarna direk met radioloë in Pretoria konsulteer wat beteken dat die pasiënt binne ongeveer ‘n halfuur hul uitslae het.”

Die mobiele mammogram-eenheid is die enigste van sy soort in Suid-Afrika en hulle beoog om die diens vir privaat sowel as mediese fonds pasiënte so toeganklik as moontlik te maak. Volgens Cronjé is bespreking­s belangrik en kan hulle dit doen deur 087 055 0587 (opsie 8) te skakel of aanlyn bespreek by https://calendly.com/ ks-med

Mediese koste is wel van toepassing.

Vir meer inligting besoek hul webtuiste by www.ks-med.co.za/breast-cancer-screeningu­nit/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa