Oudtshoorn Courant

Potspel raak warm

- WYNDHAM EWERTS

Altesaam vyf spanne van agt lede elk het verlede Saterdag deelgeneem aan ‘n potspeltoe­rnooi wat by Sky Lounge and Bar gehou is. Volgens een van die organiseer­ders loop die toernooi aan die einde van die maand ten einde.

Daar is egter nog hierdie week kans vir bykomende spanne om in te skryf om in aanmerking te kom vir die pryse wat R5 000 beloop.

Die toernooi het reeds uitstekend­e spel gelewer met verskeie spelers wat die toeskouers na hul asem laat snak het met hul vaardighed­e.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Benjamin Abrahams van die Wicit-potspelklu­b lê aan om sy bal te pot.
Foto: Wyndham Ewerts Benjamin Abrahams van die Wicit-potspelklu­b lê aan om sy bal te pot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa