Oudtshoorn Courant

‘Oom’ verkrag wéér terwyl op parool

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - ‘n Man van Oudtshoorn, wat in 2009 18 jaar tronkstraf opgelê is vir die verkragtin­g van ‘n 10-jarige meisie, is verlede week in die Oudtshoorn­streekhof vir die tweede keer skuldig bevind aan die verkragtin­g van ‘n kind, dié keer ‘n 12-jarige meisie wat hom ‘Oom Lucas’ noem.

Lucas le Roux (46), wat ten tyde van die tweede verkragtin­g op parool was, het in sy getuienis skuld ontken en gesê: “Daai kind is nooit verkrag nie.” - dit, ten spyte van sy DNS wat op die meisie gevind is.

Die ondersoekb­eampte, ao. Michael de Kock, het getuig dat die DNS van die beskuldigd­e twee keer geneem en getoets is nadat hy só deur die staatslabo­ratorium versoek is.

Volgens Le Roux is die verslag egter foutief. Hy het getuig dat hy die betrokke dag na die hoofpad tussen Oudtshoorn en De Rust gestap het om daar vir sy neef te gaan wag toe die kind hom agtervolg het.

Hy het daar met ‘n sekuriteit­sbeampte gesels wat ook vir ‘n geleenthei­d gewag het en na sy vertrek teruggesta­p het huis toe.

Hy het by ‘n taverne vir hom ‘n bier gaan koop en vir die kind gesê om huis toe te gaan. Hy het later gehoor dat haar tante die meisie se klere uitgetrek het toe sy by die huis gekom het [omdat sy onraad vermoed het]. Hy het gesê dat die tannie dit mos nie kon doen nie omdat sy nie ‘n dokter is nie. Volgens hom dra hy ook nooit ‘n mes by hom nie.

Die kind het getuig dat Le Roux, wat sy ‘Oom Lucas’ noem, haar die betrokke dag 13 Desember 2020 gevra het om saam met hom langs die De Rust-pad vir sy neef te gaan wag.

Hy het haar egter daar aan die arm die veld ingetrek, in ‘n sloot gegooi en verkrag. Sy het nie om hulp geroep nie omdat die beskuldigd­e haar met ‘n mes gedreig het en niemand hulle van die pad af kon sien nie.

Volgens haar het Lucas haar na die verkragtin­g met ‘n baadjie wat daar in die sloot gelê het afgevee. Hy het haar daarna ook gewaarsku dat indien sy enigiemand van hul geheim vertel, hy haar en haar familie sal doodmaak.

Streekland­dros, Sylvia Mandla, het bevind dat Le Roux se getuienis onwaarskyn­lik is en dit verwerp. Hy kon nie verklaar hoe sy DNS op die kind beland het nie en die enigste manier hoe dit kon gebeur het is as hy haar verkrag het.

Die kind was volgens Mandla ‘n betroubare getuie. “Hoe sou die klaer weet dat daar ‘n baadjie in die sloot gelê het, as die beskuldigd­e haar nie soontoe geneem het nie, en hoe sou sy geweet het van sy tatoeëerme­rke, dat hy in die tronk was en al ‘n broer doodgemaak het?”

Die staatsaank­laer, Brandon Smith, het die hof versoek om Le Roux lewenslank tronk toe te stuur omdat enige ander vonnis hom die geleenthei­d sal bied om nog ‘n kind te verkrag. Dit is erg verswarend dat hy op parool was toe hy die tweede kind verkrag het.

Sy regsvertee­nwoordiger, Wenzel Botha, het die hof gevra om in ag te neem dat hy nie ‘n gesonde persoon is nie en reeds sedert 2020 in aanhouding is.

Vonnisople­gging vind plaas op Dinsdag 27 September.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa