Oudtshoorn Courant

Kansa baat by Cuppa for Cansa-veldtog

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die jaarlikse immergewil­de Cuppa for Cansa-veldtog wat regoor Suid-Afrika aangebied word, is op 10 September by Mike en Adriana Robinson, die Kansa Global Hero of Hope, se huis in Oudtshoorn gehou.

Die doel van die prettige jaarlikse oggend saam met vriende, familie en kollegas met 'n koppie tee en iets te ete in die hand, is om fondse in te samel vir die uitstekend­e werk en dienste wat Kansa lewer.

Kansa bedank Oudtshoorn­iete wat die 2022-geleenthei­d positief ondersteun het asook die borge.

Op 15 Oktober word die Kansa Pienk Stap by Highgate-volstruisp­laas aangebied en die eerste 10 inskrywing­s op Quicket betaal halfprys vir hulle ontbyt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa