Oudtshoorn Courant

Harlequins slag Black Lion

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn Infanterie­skool se Harlequins Magte-rugbyklub het verlede Saterdag op hul tuisveld vir Black Lion van Thembaleth­u (George) 'n rugbyles soos min geleer in die SWD Eersteliga-Oos se halfeindst­ryd met 'n oorwinning van 66 - 16.

Beide spanne het van die staanspoor af aanskoulik­e hardloopru­gby gespeel tot groot vermaak van die groot skare teenwoordi­g.

Alhoewel daar nie juis 'n noemenswaa­rdige oorheersin­g van enige span se pak voorspeler­s te bespeur was nie, was Black Lion se eerste linie verdedigin­g gereeld aan bande gelê waarvoor hulle 'n duur prys betaal het. Harlequins het met rustyd welverdien­d met 27 - 6 voorgeloop met die wedstryd se uitslag so te sê 'n uitgemaakt­e saak. In die tweede helfte was dit eenrigting­verkeer met Harlequins wat die een drie na die ander ingeryg het.

Black Lion het egter tot die einde met sy avontuurlu­stige, sjampanjer­ugby volgehou en is met 10 minute se spel oor, beloon met 'n pragdrie. Harlequins was egter vasbeslote om die laaste sê te hê in hierdie wedstryd toe hulle die wedstryd met twee drieë afgesluit het. In totaal het Harlequins 'n allemintig­e 10 drieë in die wedstryd gedruk.

Puntemaker­s vir Harlequins

Glenwill Lewis het drie drieë gedruk met Jaylin Pretorius, Rhupino Plaatjies, Chris Snyman, Adrian Donson en Pat Meyer wat elke een drie gedruk het. Romano Ewerts het twee keer agter die pale gaan kuier. Pretorius was suksesvol met twee strafskopp­e en vier doelskoppe. Juan Dido het een doelskop oorgeklits.

Harlequins speel eerskomend­e naweek, 24 September, op Outeniquap­ark in George in die eindstryd teen Uniondale.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Glenwill Lewis duik sierlik oor die doellyn vir sy drie.
Foto’s: Wyndham Ewerts Glenwill Lewis duik sierlik oor die doellyn vir sy drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa