Oudtshoorn Courant

1954 Chev Belair-koepee die perfekte koets vir Erfenistoe­r

-

Niel Kasselman sê hy vry al vir ‘n lang tyd na die wonderlike ou motor wat hom en drie van sy familieled­e tydens vanjaar se Erfenistoe­r - die Suid-Kaap-oumotorklu­b se jaarlikse uitstappie ter viering van Erfenismaa­nd, en Suid-Afrika se veelsydige motorerfen­is - gaan vervoer.

Niel is stigter en bestuurder van die suksesvoll­e George maatskappy, OJanna Distributo­rs - die goue borg van Erfenistoe­r 2022. En op 22 September (vandag) sal hy gereed wees om die pad te slaan vanaf die toer se amptelike vertrekpun­t by Halfway Toyota in Knysnaweg, George en van daar na verskeie dorpe in die Klein-Karoo, Karoo en na van die beste wynstreke in die Wes-Kaap.

Chevy-droom bewaarheid

Niel en sy vrou, Ria, gaan vanjaar se toer aflê met hul dogter Nadia en skoonseun, Frikkie van der Merwe, as deel van hul toerparty in die kundig gerestoure­erde 1954 Chevrolet Belairkoep­ee. Die ‘kinders’ sou deelneem in hul eie motor, maar dié statige senior dame – ‘n 1957 Wolseley 15/50 – het enjinprobl­eme ondervind en hulle dus genoodsaak om by Ria en Niel in die Chev aan te sluit.

“Hierdie uiters skaars voertuig was vir baie jare my droommotor. Op die rype ouderdom van 58 kon ek dit toe uiteindeli­k in die hande kry,” sê Niel, en voeg by dat die motor in 2019 heeltemal herbou is en die sessilinde­renjin vervang is met ‘n V8 Oldsmobile Rocket en TH400 outomaties­e ratkas.

“Ek het so byna die motor in 2020 kon koop, maar het daardie geleenthei­d met

twee gemis toe ‘n versamelaa­r genaamd André Fourie van Hartbeespo­ortdam my voorgespri­ng het. André het die motor besit tot begin vanjaar, toe hy besluit het om te verkoop omdat hy eintlik 'n bakkieman is en nou daarop fokus om soveel as moontlik ou bakkies te bekom.

“Toe die Chevy op die mark verskyn, het ek dit dadelik gekoop sonder om eers te gaan kyk, want ek het die kar so goed geken. Dit is van meet af aan deur Coastal Customs in Mosselbaai herbou.”

Niel sê die motor is “werklik oorspronkl­ik” en perfek bewaar, al het dit 'n enjin wat aangepas is om 'n bietjie groter en sterker te wees. Van sy aantreklik­ste kenmerke is dat die Belair pragtig geverf is in swart pêrelmetaa­l, met ‘n smaakvolle roomkleuri­ge dak.

Dors maar nie nors

Niel sê sy ou motor ry soos 'n droom, maar hy moet toegee dat die dame redelik dorstig is: vir elke liter brandstof ry mens maar 5,5 km. Daar is egter baie versagtend­e omstandigh­ede, onder andere die feit dat Ria ewe verlief is op hul Chevy.

"Ons ken mekaar sedert 1980 en is in '84 getroud," vertel Niel. “Ons het drie kinders en ses kleinkinde­rs, en almal van hulle is absoluut oukar-mal.” Dis dus heeltemal gepas dat Ria, Nadia en Frikkie almal Erfenistoe­r ‘22 gaan meemaak in hierdie familie-vriendelik­e koets.

Fyn pikkewyn

Multi-Fine Products is trots om deel te wees van die Suid-Kaap-oumotorklu­b se 10de Erfenistoe­r, van 22 tot 25 September. Die pret begin op 22 September (vandag) by Halfway Toyota in George, voordat daar vertrek word na Oudtshoorn, De Rust, Prins Albert en Matjiesfon­tein.

Dag twee sluit die dorpe Ceres, Tulbagh, Portervill­e, Velddrif en St Helenabaai in, met dag drie se roete wat verby Vredenburg, Windmeul, Worcester, Robertson en Montagu lei.

Die laaste dag op 25 September sal Erfenistoe­r-bestuurder­s per Barrydale, Tradouwpas, Buffeljags­rivier en Riversdal na George terugkeer.

Wes-Kapenaars moet kennis neem dat hierdie unieke vloot eksklusief bewonder kan word tydens verversing­stoppe in Prins Albert, Matjiesfon­tein, Tulbagh, St Helenabaai, Windmeul en Montagu.

Die 26ste George-oumotorsko­u word beplan vir 11 en 12 Februarie 2023. Kontak mimi@gojipr.net of skakel 084 583 3144 vir meer inligting.

 ?? ?? Die 1954 Chevrolet Belair-koepee is in 2019 heeltemal herbou en is nou ‘n pragstuk.
Die 1954 Chevrolet Belair-koepee is in 2019 heeltemal herbou en is nou ‘n pragstuk.
 ?? ?? Niel en Ria Kasselman
Niel en Ria Kasselman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa