Polokwane Observer

Kruinies vier dekade met 100% slaagsyfer

- RC MYBURGH >>rc.observer@gmail.com

Curro Heuwelkrui­n het goeie rede om breëbors te wees nadat die graad 12-leerders van 2019 die tiende groep geword het om ‘n 100% slaagsyfer in die onafhankli­ke eksamenraa­d (IEB) se finale eksamen te behaal.

Kruinies se uitvoerend­e hoof, Eben Lingenfeld­er sê na ‘n dekade van kwaliteito­nderrig kan die skool spog met ‘n 100% slaagsyfer vir 10 agtereenvo­lgende jare met 93% van kandidate oor die afgelope 10 jaar wat toelating tot graadstudi­es verwerf het.

Volgens hom het die 2019-matriekgro­ep uit 34 leerders bestaan waarvan 32 (94%) toelating tot graadstudi­es verwerf het. Die groep spog met ‘n klasgemidd­eld van 69,06%.

Die topprestee­rders volgens gemiddelde­s is Dewan Jacobsz met 86,14% gevolg deur Poena van Wyk (81,43%) en Leard Prenzler (81,14%). ‘n Verdere 15 leerders behaal ‘n B-gemiddeld terwyl 11 leerders ‘n C-gemiddeld behaal, volgens Lingenfeld­er.

Dewan en Bathabile Mahlake eindig onder die top 1% leerders in die land in besigheids­tudies terwyl Marike de Kock die self dep rest asie behaal in lewensorië­nte ring.

Dewan behaal verder onderskeid­ings in Afrikaans Huistaal (81%), Engels eerste addisionel­e taal (84%), wiskunde (87%), besigheids­tudies (92%), in genie ursg ra fika e non twerp( I GO )(91%) en lewensorië­nte ring (89%). In fisiese wet enskaploop­hy ‘n onderskeid­ing met 1% mis deur 79% te behaal. Die volgende vier leerders behaal elk vier onderskei

dings: Poena - IGO 95%, Engels eerste addisionel­e taal 82%, le w en soriën te ring 84% en wiskunde 85%

Leard - IGO 91%, Engels eerste addisionel­e taal 80%, in lig tin gsteg no logie 85% en le w en soriën te ring 87%

Anje Dorfling - Afrikaans huistaal 86%, dramatiese kunste 88%, Engels eerste addisionel­e taal 88% en le w en soriën te ring 89%

Mosidi Mapheto - Afrikaans eerste addisionel­e taal

81%, besigheids­tudies 91%;

IGO 92% en lewensorië­ntering 84%

Bathabile, Tasmiyah Moosajee, Roelof Neuhoff, Thalia Perreira en Ashden Venter behaal elk drie onderskeid­ings terwyl sewe leerders twee onderskeid­ings elk verwerf.

IGO, wat deur top leerkrag Mynie Nel aangebied word is weer eens die topprester­ende vak in Kruinies met ‘n klasgemidd­eld van 82,73%, ‘n volle 16% bo die landswye gemiddeld vir die vak, volgens Lingenfeld­er. Landbouwet­enskappe merk 14% hoër as die landswye gemiddeld uit terwyl Afrikaans eerste addisionel­e taal die landswye gemiddeld met 11% troef. Besigheids­tudies behaal ‘n gemiddelde 8% hoër as die landswye gemiddeld.

“Met die vierde industriël­e rewolusie in volle swang is die skool trots daarop dat in vakke soos wiskunde (62%), fisiese wetenskapp­e (58%) en inligtings­tegnologie (72%) die leerders van Curro Heuwelkrui­n deeglik onderlê is vir die uitdagings van die toekoms. Die skool is vol vertroue dat die klas van 2019 hul volwaardig­e plek as landsburge­rs sal kan vol staan.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dewan Jacobsz met ‘n 86,14% is Curro Heuwelkrui­n se topmatriek vir die klas van 2019.
FOTO: VERSKAF Dewan Jacobsz met ‘n 86,14% is Curro Heuwelkrui­n se topmatriek vir die klas van 2019.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa