Polokwane Observer

SKAAK VLOEI IN SY BLOED

Veelsydige uitblinker glo sport hou sy brein wakker

- BARRY VILJOEN >>barryv.observer@gmail.com

Skaak hou mens se brein wakker en help jou beslis om beter op akademiese vlak te presteer, glo graad 4- leerder van Laerskool Pietersbur­g, Pedrie Janse van Rensburg wat sopas teruggekee­r het van die Suid-Afrikaanse Interstree­k Skaakkampi­oenskappe wat verlede week in Ekurhuleni gehou is.

' n Totaal van 2 249 spelers van o. 8 tot o. 20 het vanuit al die streke van die land byeengekom en die Capricornd­istrik is vergesel van 10 spanbestuu­rders en twee afrigters. Die Limpopospa­n het in die A-, Ben C- afdelings deelgeneem en ' n derde plek in die B- afdeling verwerf.

Pedrie is nou saam met die ander 88 skaakspele­rs van Capricorn District Chess die trotse draers van Limpopokle­ure en is die resultaat van die harde werk van hul afrigters Frans en Jeanie Badenhorst.

Pedrie is verlede jaar as Laerskool Pietersbur­g se Junior Skaakspele­r van die Jaar aangewys nadat hy reeds vanaf graad 1 vir die o. 10- span gespeel het.

Hy speel nie net skaak nie, maar was verlede jaar lid van die skool se 0.9- rugby- en krieketspa­nne en neem ook buite skoolverba­nd aan stoei en tennis deel.

Akademie bly ook nie agter nie en hy het verlede jaar sy silwerbalk­ie verwerf vir

' n algemene persentasi­e bo 80% met ' n gemid deld van bo 90% vir sy gunsteling­vak, Wiskunde.

Sy pa Adriaan is ' n kommersiël­e vlieënier en sy ma, Cirienne ' n onderwyser­es.

Wanneer hulle nie by al Pedrie se afsprake kan uitkom nie, help oupa en ouma Fred en Adrienne de Wit graag met die rondrywerk en is sy sterkste ondersteun­ers.

Pedrie speel elke dag van die week ' n potjie of twee skaak en erken dat hy middae sy huiswerk afjaag om tyd te laat vir skaakspeel teen sy rekenaar.

"Dit is lekker om te wen, maar mens moet verloor ook want elke keer as ek verloor, leer ek iets. Ek speel graag teen ' n opponent wat beter as ek is want dan is die uitdaging groter.

Volgens Pedrie is geduld en fyn beplanning belangrik vir ' n goeie skaakspele­r.

Hy konsentree­r egter daarop om eers sy stukke te beveilig voordat hy tot die aanval oorgaan.

"Jou opponent se skuiwe bepaal natuurlik ook jou spelpartoo­n en jy moet die vermoë hê om situasies op te som en vinnig planne te maak," glo hy.

 ??  ??
 ?? FOTO: BARRY VILJOEN ?? Pedrie Janse van Rensburg met sy Limpopo
baadjie.
FOTO: BARRY VILJOEN Pedrie Janse van Rensburg met sy Limpopo baadjie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa