Polokwane Observer

Ondersoek nadat man glo hond voor gesin doodskiet

- RC MYBURGH >>rc.observer@gmail.com

‘n Plaaslike inwoner staar ‘n aanklag van onwettige afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar sowel as dieremisha­ndeling in die gesig nadat hy Vrydagmidd­ag glo ‘n gesin se hond summier op ‘n sypaadjie in Ladanna doodgeskie­t het.

Volgens inligting was die verdagte veronderst­el om Maandag by die Westenburg Polisiesta­sie aan te meld. Die provinsial­e polisie se kommunikas­iehoof, Motlafela Mojapelo kon teen druktyd nie bevestig of die verdagte reeds aangemeld het nie, maar het wel die voorval beaam en gesê die polisie ondersoek die saak.

Die gesin het Dinsdag aan Polokwane Observer verduideli­k wat Vrydagmidd­ag in Bulawayost­raat gebeur het.

Van bl 1

“My suster wou die middag iewers heen ry en ek het vir haar die hek oopgemaak. Ek het die hek oopgelos omdat ek direk na haar sou ry en was nog nie eers in my motor nie toe die twee Deense honde pad toe storm waar ‘n man en ‘n vrou met hulle hond stap,” sê JJ Espach. Na verneem het die mense met hul veghond gaan stap.

Espach, sy swaer, Frank Kubannek en dié se 11-jarige seun, wie se honde dit is het dadelik hek toe gehardloop en hulle teruggeroe­p. Die een hond het omgedraai en die ander een was in die proses om te stop en terug te keer huis toe toe ‘n skoot klap.

“Die hond was ongeveer twee of drie meter weg van die man en sy vrou toe hy haar geskiet het. Die koeël is regdeur die hond se oor en blad en by haar pens uit en het in die grond vasgeslaan. Sy het teruggehar­dloop en in die erf inmekaarge­sak. Ons al drie was baie naby toe die skoot afgevuur is en dit kon enige tyd een van ons getref het,” sê Espach.

Kubannek het dadelik vir Espach beveel om die polisie te skakel. Espach het die man aangeraai om nie te loop nie en te wag totdat die polisie opdaag. Die man het dit bloot geïgnoreer, sy vuurwapen terug in sy broeksak gesit en geloop.

Terwyl die gesin vir die polisie gewag het, het Kubannek straat afgestap om te kyk of hy die verdagte gewaar, maar daar was geen teken van hulle nie.

“Die polisie was vinnig op die toneel en die forensiese eenheid het die patroondop­pie opgetel en foto’s van die hond geneem,” sê Espach.

Aangesien niemand die man of vrou ken of weet waar hulle bly nie, het die gesin nie baie hoop gehad dat hy aangekeer sou word nie.

“Saterdag loop ons die man toevallig in Goseame raak. My man het vir hom gesê die polisie soek jou omdat jy my hond doodgeskie­t het. Al wat hy geantwoord het is ‘As die polisie my soek dan sal hulle my kry’,” sê Kubannek se vrou, Jacky. Hulle het in die parkeerara ‘n foto van sy voertuig se registrasi­enommer geneem en aan die gemeenskap­spolisiëri­ngsforum deurgegee.

Volgens haar was die ondersoekb­eampte Maandagmid­dag weer by hulle en hy het glo aangedui dat die verdagte nog nie by die polisiesta­sie aangemeld het nie.

Kubannek sê dat Deense honde oor die algemeen nie aggressiew­e diere is nie. So ook nie die twee wat sy het nie. Sy vertel dat die hek soms oopgemaak word wanneer die werkers in die straat besig is om veselkabel­s te lê en dat hulle nog nie een keer gestorm het nie.

“Dit was bloot omdat daar ‘n hond saam met die man en vrou geloop het. Ons hond sou hulle niks gemaak het nie,” sê Kubannek.

Volgens Mojapelo is die verdagte nog onbekend.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa