Polokwane Observer

Goeie vooruitsig­te vir Steven

- Maretha Swanepoel

Steven Lavender het in 2020 na ‘n doktersbes­oek en verskeie mediese toetse die nuus ontvang dat hy ‘n gewas van 4.7cm tussen sy oog en sy brein het.

Die senuwees van sy oog na sy brein was deur die gewas vasgeknyp en sy regteroog het baie vinnig verswak, waarna Steven en sy familie geld moes insamel sodat hy die sensitiewe operasie kon ondergaan. ‘n Dokter in Pretoria het aangebied om die operasie gratis te doen, maar hospitaalk­oste was steeds meer as R400 000. Die organiseer­ders van Survivors Golf Day en hulle ondersteun­ers het bygedra tot Steven se onkoste en hy kon die operasie in Desember 2020 laat doen. Nou, net meer as ‘n jaar later, vertel hy dit gaan voorspoedi­g, maar daar is nog behandelin­g wat hy moet kry.

“Dit gaan goed met my. Ek moet weer vir ‘n skandering gaan om te kan bepaal of die hele gewas weg is. Met die laaste skandering was daar nog 6mm x 2.5mm van die gewas oor. Ek het vir ses weke bestraling ontvang, en die operasie was ‘n sukses. Hulle kon nie alles verwyder nie, maar het gedoen wat hulle kon. As die skandering­s nog iets wys, sal ek weer bestraling of ‘n operasie moet ondergaan, maar ek voel elke dag beter en beter.”

Steven is getroud met Kristine en hulle het drie seuns.

 ?? ?? Kristine en Steven Lavender.
Kristine en Steven Lavender.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa