Polokwane Observer

Stad groet Tony Zanna

- Maretha Swanepoel

Vriende, familie, kennisse en die groter Polokwane-gemeenskap het die onlangse afsterwe van Tony Eleseo Zanna wyd betreur.

Tony, wat Zannas Voël- en Reptielpar­k op die been gebring het, is 74 jaar gelede in Italië gebore en het op 10-jarige ouderdom saam met sy ouers na Suid-Afrika geïmmigree­r.

Sy familie het hulle in Polokwane gevestig waar Tony die grootste deel van sy lewe deurgebrin­g het.

Na Tony sy ambag in Johannesbu­rg voltooi het, het hy vir lank by Silikonmyn gewerk. Later het hy sy eie werkwinkel oopgemaak en 10 jaar gelede afgetree.

Sy seun, Bruno, vertel Tony het nog so lank as wat hy kan onthou ‘n groot liefde vir diere gehad.

“Hy het sedert 1971 eers net voëls as troeteldie­re gehad. Nadat hulle vanaf Dahlstraat na Jorrisenst­raat moes verhuis was daar nie plek vir al die voëls nie en hy het besluit om Zannas Voël- en Reptielpar­k in 1989 te begin. My pa was ‘n regte werkholis en altyd besig. Hy was ‘n liefdevoll­e mens en wou almal altyd help. Hy kon nie toekyk hoe iemand swaarkry en hulle dan nie help nie.”

Tony het drie seuns, Luigi, Bruno en Tony, ses kleinkinde­rs en drie agterklein­kinders. “Hy het vir jare aan diabetes gely en sy organe het teen die einde ingegee. Hy was die laaste twee maande bedlêend,” vertel Bruno.

“My pa het ons geleer hoe om hard te werk vir dit wat ons wil hê en om nie ‘n wrok teenoor iemand te koester nie. Hy het ons ook geleer dit is nie nodig om te baklei vir alles in die lewe nie. Hy het gesukkel om iewers in die lewe te kom.”

Benewens sy seuns en kleinkinde­rs, word Tony ook

oorleef deur sy vrou, Maria.

 ?? ?? Tony en Maria Zanna.
Tony en Maria Zanna.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa