Polokwane Observer

Carin aan die stuur by Ons Tuiste

- Maretha Swanepoel

So met die einde van 2021 in sig het Ons Tuiste ‘n nuwe bestuurder gekry. Die veelsydige Carin Meintjes staan nou in beheer van die ouetehuis en aftreeoord, met baie planne vir die pad vorentoe.

“Ek is deel van Anns of

Rotary Pietersbur­g 100 en het verlede jaar die projek van Anns Bakery saam met my mede

Anns aangepak. Ek het heelwat probleme op die terrein opgemerk en voorstelle gemaak. Toe die pos as bestuurder oopgaan, het ek ‘n grap gemaak en gesê ek sal dinge kan uitsorteer. Nou is ek in die posisie,” vertel sy.

Carin se pligte strek tans verder as net dié van bestuurder. Sy hou ook ‘n ogie oor die bouery en die administra­tiewe take van die tehuis. “Ek het baie planne vir die plek. Ek het reeds ‘n vertrek wat as ‘n stoorkamer gebruik was, ingerig vir ‘n konsultasi­ekamer vir die dae wanneer die inwoners hulle bloeddruk moet neem. Verder is ‘n span bouers besig om die semi-verswaktes­orgeenhede op te gradeer.”

Sy vertel die gebou is sowat 60 jaar oud en het dringend baie opgraderin­gs nodig. Daar is vier blokke met 10 mense elk en dit gaan ongeveer R80 000 per blok kos. Daar moet ook, volgens regulasies, ‘n wasbak met lopende water in elke kamer aangebring word. “Ons is opsoek na borge om ons hiermee te help. Tans het ons elke Vrydag ‘n biokenetik­us wat oefeninge vir ons bejaardes kom aanbied en binnekort gaan ons weer met kerkdienst­e begin.”

Carin beoog ook om, wanneer ‘n inwoner in die verswaktes­orgeenheid opgeneem word, saam met lede van die tehuis en die familie ‘n begeleidin­gspad te stap. Sodoende kan hulle berading aan die familie gee. Hiervoor het hulle egter ‘n maatskapli­ke werker nodig.

“Ons het by Anns Bakery ‘n paar tafeltjies en stoele gesit, ideaal vir wanneer die inwoners se kinders kom kuier. Ons sal daarvan hou as ons koffie te koop kan aanbied as deel van ons geldinsame­lingsproje­kte.

Daar is ook ‘n kamer wat nou as boekwinkel gebruik word wat ek wil omskep in ‘n ontspannin­gskamer waar ons ook kreatiewe werkswinke­ls kan hou. Ek betrek ook die inwoners deur vir hulle verskillen­de take te gee.”

Daar is reeds ‘n groentetui­n op die perseel met vars groente in en sodra die reën seisoen verby is, sal daar basaar gehou word. In Desember wag daar ‘n liggiesfee­s waar mense kan piekniek hou onder kersliggie­s en saam met die inwoners kan kuier.

Oor haar liefde vir bejaardes vertel Carin sy het by haar ouma en oupa grootgewor­d en dus het sy ‘n spesiale konneksie met bejaardes gekweek.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa