Polokwane Observer

Lim-CareWell help familie deur moeilike paar maande

- Maretha Swanepoel

Met die oog op Nasionale Epilepsiew­eek het Polokwane Observer met plaaslike inwoners gesels oor hoe die toestand hulle lewens beïnvloed. Ouma Betsie Botha (78) en haar man, Kobus, het in Mei 2021 van Nelspruit na Polokwane verhuis. Slegs ‘n paar weke later het die egpaar se lewe drasties verander. Betsie het haar eerste epilepties­e aanval ervaar en was in die hospitaal opgeneem, maar toetse het gewys daar was niks fout nie en sy is sonder medikasie huis toe gestuur.

Haar kleindogte­r, Simoné Oosthuizen, vertel haar ouma het middel Augustus weer ‘n aanval gehad. “Ons het haar hospitaal toe geneem en terwyl die dokters by haar was, het sy weer ‘n aanval gekry.”

Na twee weke en ‘n verskeiden­heid toetse in die hospitaal was Betsie ontslaan en ingeboek by Lim-CareWell waar sy vir twee weke versorg is. Daarna het sy by Simoné en haar familie in die huis gaan woon.

“Dit was nie ‘n moeilike besluit om haar by ons te laat woon nie, maar dit was nie ‘n maklike taak nie. Die personeel by LimCareWel­l het my touwys gemaak oor hoe om haar te bad en die fisioterap­eut het vir my gewys watter oefeninge sy moes doen. Eers het my huishulp my gehelp, maar ek moes my ouma weer by Lim-CareWell laat opneem terwyl ek twee versorgers aangestel het om te help.” Simoné vertel dit sit nie in almal se broek om ‘n versorger te wees nie en mens moet versigtig wees wie jy aanstel.

“Ons het nie besef hoe moeilik dit gaan wees nie. Die epilepsie het funksies aan die linkerkant geaffektee­r en sy kon niks met haar linkerhand optel nie.”

Intussen het Kobus ook by Simoné ingetrek om by sy vrou te wees. Aan die einde van September het Betsie weer ‘n groot aanval gekry, en van hier af het Simoné en die versorgers alles wat Betsie ingeneem het, haar doeke, hoeveel keer sy gedraai is en medikasie neergeskry­f om beter kontrole van haar sorg te neem.

“My ouma het maklik verstik en het later ‘n voedingsbu­is gekry, maar dit het nie gewerk nie en was weer verwyder. Ek moes haar met ‘n inspuiting voer. Ongeveer 11 dae voor haar dood kon sy slegs water en hidrasievl­oeistof inneem. Haar lyf het enige ander voedingsto­wwe verwerp.”

Met die aand van Betsie se afsterwe het Simoné haar suurstofvl­akke geneem en dit was normaal. Later het sy moeiliker asem begin haal en Simoné het haar oupa wakker gemaak. Betsie is kort na 23:00 oorlede.

“Ons het ‘n ambulans en vir Avbob gebel en ek en my dogter, Zanté het vir Ouma gebad en mooi aangetrek. Dit was nie ‘n maklike vier maande nie. Ek het baie navorsing gedoen oor wat om te doen. Ek het myself belowe sy sal nooit bedsere kry nie, en sy het nie. Zanté het my baie gehelp en sonder die twee versorgers, Elizabeth Molaudzi en Fridah Chaba, sou ek dit ook nie kon doen nie. Raad van die personeel by Lim-CareWell en susters in die dorp het ook baie gehelp.”

 ?? ?? Betsie en Kobus Botha.
Betsie en Kobus Botha.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa