Polokwane Observer

Adrienne weer aan stuur van tuinbouklu­b

- Maretha Swanepoel

Adrienne de Wit trap al vir jare diep spore in die tuinbougem­eenskap.

Sy is tans vir die derde keer tot voorsitter van die Pietersbur­g Tuinbouklu­b verkies nadat sy al vir meer as 20 jaar aan die klub behoort. Sy spandeer elke dag tyd in haar tuin en vertel dit is haar wegbreekty­d. “In die tuin ontspan ek en vind ek rustigheid. Dis my veilige plek.”

Adrienne se pligte as voorsitter van die tuinbouklu­b behels om leiding te gee aan die 12 bestuursle­de wat as gasvroue deur die jaar optree. Sy is self ook verantwoor­delik vir een vergaderin­g gedurende die jaar.

“As gevolg van Covid-19 het die klub amper doodgeloop en Eileen Schofield, wie een van die oorspronkl­ike stigtersle­de is, het besluit om almal weer bymekaar te kry. Die klub het baie lede en ons is dankbaar daarvoor. Ons beoog om dalk weer ‘n Engelse klub te stig aangesien daar jare gelede ‘n Engelse klub, The Garden Club, bestaan het.”

Oor die redes om met die tuinbouklu­b betrokke te raak, sê Adrienne dit bied jou die geleenthei­d om meer te leer.

“Jy leer altyd iets nuuts en dit is goed om die inligting oor en oor te hoor, want herhaling is belangrik. By ‘n tuinbouver­gadering word ‘n mens geïnspiree­r en kry jy leiding by ander. Dit is ook lekker om met mense te kuier wat dieselfde belangstel­ling as jy deel. Dit is jou mense, waar jy gemaklik en tuis voel.”

Nog ‘n voordeel is om na ander mense se uitgelegde tuine te gaan kyk. Vergaderin­gs word dikwels in tuine regoor die stad aangebied vir klublede om ander se tuine besigtig.

Beide Adrienne se dogters, Inke Bouwer en Cirienne Janse van Rensburg, is betrokke by die klub en Adrienne is opgewonde om haar liefde van die tuin met hulle te deel. In haar vrye tyd doen Adrienne yoga en pilates en is deel van die Rotariers. Sy spandeer graag tyd saam met haar familie, wat vyf kleinkinde­rs insluit, by hulle huis in Haenertsbu­rg. Hier leef sy haar liefde vir tuinbou ten volle uit.

 ?? ?? Tuinbou is ‘n passie vir Adrienne de Wit.
Tuinbou is ‘n passie vir Adrienne de Wit.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa