Polokwane Observer

Eeufeeshui­s vier dag van liefde

- Maretha Swanepoel

Spesiale dae soos Valentynsd­ag, Moedersdag en Vadersdag is ‘n geleenthei­d vir mense om hulle geliefdes te bederf.

By Eeufeeshui­s word inwoners dikwels nie deur geliefdes bederf nie, maar gelukkig wel deur die personeel of mense in die gemeenskap. Die inwoners en personeel het dus op Maandag, wat Valentynsd­ag was, die geleenthei­d gebruik om hulle mooiste rooi klere aan te trek en by die werkswinke­l aan te meld. Elke inwoner was genooi vir die Valentynsp­artytjie en niemand het hiérdie geleenthei­d vir pret misgeloop nie.

Die werkswinke­l word gebruik deur die inwoners en dagbesoeke­rs om kreatiewe aktiwiteit­e aan te pak, en elke dag kom almal hier bymekaar vir handwerk en lekker geselskap.

Maandag was egter spesiaal en in plaas van werk, het die inwoners saam gekuier, gedans en speletjies gespeel.

“Die speletjies het gewissel van bal balans aktiwiteit­e, touspring-kompetisie­s en musical chairs,” vertel Rita Groenewald, die persoonlik­e assistent van die APD direkteur. Met uitbundige lagbuie en vrolike krete het die inwoners deelgeneem aan al die aktiwiteit­e. Elkeen het ook ‘n kolwyntjie as bederf ontvang waaraan hulle heerlik gesmul het.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? Eorge ?? Loffie van Dyk geniet die speletjies. Regs: Annelien du Toit kry ‘n drukkie van George Honeyball.
Eorge Loffie van Dyk geniet die speletjies. Regs: Annelien du Toit kry ‘n drukkie van George Honeyball.
 ?? P di ?? Francois en Gerna Theron hou ‘n ogie op die dansers.
P di Francois en Gerna Theron hou ‘n ogie op die dansers.
 ?? ?? Ruth Kekana, Eva Mafishi en Mahlatse Ramadikela is getooi in rooi vir liefde.
Ruth Kekana, Eva Mafishi en Mahlatse Ramadikela is getooi in rooi vir liefde.
 ?? ?? Karen Hendricks en Hannes Joubert kuier saam by die pretdag.
Karen Hendricks en Hannes Joubert kuier saam by die pretdag.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa