Polokwane Observer

LPPSA skuts laat die skote klap

- Maretha Swanepoel

Die Limpopo Provinsie Praktiese Skiet Assosiasie (LPPSA), het verlede naweek die eerste Suid-Afrikaanse Praktiese

Skiet Assosiasie praktiese-skiet handwapen kampioensk­appe van die jaar aangebied.

Sowat 330 skuts het deelgeneem, skuts van Duitsland, Griekeland, Zimbabwe, Australië en Kenya was ook betrokke. Die kompetisie het oor 18 trajekte (bane) gestrek, en was oor twee dae aangebied.

Die byeenkoms was ook die laaste kwalifiser­ende byeenkoms vir die verkiesing van die nasionale span om te gaan deelneem in Thailand later in die jaar.

Die trajekte het hoë tegniese vaardighei­d van skuts geverg. Elke trajek het verskeie opsies gebied en skuts moes mooi voorberei om die trajek in die kortste roete te voltooi.

Elke skut se tyd was geneem van die begin van ‘n trajek. Na die skut se puntetotaa­l verwerf is, word die punte gedeel deur die tyd om ‘n algehele tref faktor te bereken. Die skut moet dus poog om die hoogste puntetelli­ng te verwerf in die kortste tyd.

Limpopo medaljewen­ners:

• Izak van Wyk.

Limpopo Classic spankompet­isie:

• Dion du Bruyn (senior).

• Martinus Botha.

• Gerrit Dokter (super senior). Produksie Seniors:

• Human Joubert.

• Douw Wessels.

• Clinton Scott.

• Stephanus Erasmus.

Produksies­pan (Polisiespa­n):

• Santie Joubert.

Produksie A-span:

• Geoffrey Goetsch.

• Leon van der Bank.

• Francois Bronkhorst.

• Jane van Wyk (vroue). Skakelbeam­pte van LPPSA, Philip Smith, sê hulle verwag dat daar weer van LPPSA se lede verkies gaan word tot die nasionale span wat binnekort aangekondi­g word.

“Die byeenkoms was in alle opsigte ‘n groot sukses.

LPPSA bied die Sapsa Nasionale Geweer Kampioensk­appe aan op 10-13 Maart. Die byeenkoms word ook by die Polokwane Skietbaan aangebied.

“Die geweerskie­t is uiters opwindend en bied groot genot vir beide skuts en ondersteun­ers. Ondersteun­ers is baie welkom om die Saterdag en Sondag die byeenkoms te kom bywoon,” vertel Smith.

Vir verdere navrae, skakel gerus vir Philip Smith of stuur vir hom ‘n WhatsApp-boodskap aan 083 269 0892.

 ?? ?? Limpopo skuts wat deelgeneem het: Rudiger Kuschke, Dion du Bruyn, Izak van Wyk, Martinus Botha en Gerrit Dokter.
Limpopo skuts wat deelgeneem het: Rudiger Kuschke, Dion du Bruyn, Izak van Wyk, Martinus Botha en Gerrit Dokter.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa