Polokwane Observer

Groot adrenalien op kleinskaal

- Maretha Swanepoel

In realiteit is die geleenthei­d om agter die stuur van ‘n renmotor, vliegtuig of helikopter in te skuif nie vir almal beskore nie.

Maar by JRC Models kan jy dieselfde hoeveelhei­d adrenalien met afstandbeh­eerde karre, vliegtuie en helikopter­s ervaar.

Dié klub bied die geleenthei­d vir oud en jonk om deel te neem aan byeenkomst­e waar hulle pret kan hê, maar ook kompeteren­d kan deelneem.

Francois Wood, voorsitter van die klub sê diegene wat met die afstandbeh­eerkarre ry, kom een naweek per maand bymekaar waar hulle Saterdag en Sondag op twee afsonderli­ke bane meeding. Die nasionale byeenkoms vind in Tzaneen plaas.

“Hierdie is ‘n sport vir die hele familie, van jonk tot oupa en ouma. Ons het tussen 10 en 15 mense wat tans deel is van die klub. Dit is nie een van jou duurste sportsoort­e nie en ‘n mens kan jou eie kar opbou.”

Belangstel­lendes is welkom om vir Jaco van Eeden te skakel by 015 297 2179.

 ?? ?? Francois Wood, voorsitter van die klub, saam met Quintin
Baker, een van die lede.
Francois Wood, voorsitter van die klub, saam met Quintin Baker, een van die lede.
 ?? ?? Een van die karre in aksie.
Een van die karre in aksie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa