Polokwane Observer

Aftreevoor­siening: Boere moet hulle opsies bekyk

-

Vandag sê ons dankie vir die kos op ons tafel, vir die klere aan ons lyf en vir die boere wat dit vir ons moontlik maak.

Die woorde ‘boer’ en ‘aftrede’ is nie karperde nie en sal nie maklik in dieselfde sin deur ‘n boer gebruik word nie.

Daar is baie redes daarvoor, met begrip van die volgende:

• Boere is passievol oor hulle boerdery en sien hulself eenvoudig nie in ‘n fase van hulle lewe waar hulle “aftree” nie.

• Baie boere beskou hulle grond en boerdery as hulle enigste aftreevoor­siening.

• Dit is somtyds emosioneel moeilik om die leisels finaal aan die volgende geslag oor te gee.

Dit is egter ‘n geweldige risiko vir ‘n boer om sy aftrede slegs aan die voortbesta­an van die plaas te koppel. Wat gebeur met die aftree-inkomste as die boerdery ondergaan?

Dit is nodig dat ’n boer ‘n kopskuif maak oor aftrede. Hy is immers ’n sakeman en moet sy boerdery as ’n ondernemin­g sien - ook by aftrede.

Kom ons kyk na een van die vele oplossings wat oorweeg kan word, naamlik uittree-annuïteite (UA’s).

Daar is talle voordele wanneer jy tot ‘n UA bydra:

1. Jy kan ’n gedeelte van of selfs al jou bydraes van jou belasbare inkomste aftrek, onderhewig aan sekere perke.

2. Bydraes wat nie in die huidige belastingj­aar as ‘n aftrekking toegelaat word nie kan na ‘n volgende belastingj­aar oorgedra word.

3. Indien daar oor die termyn van die uittreeann­uïteit bydraes is wat nie afgetrek kon word nie, kan dit by jou aftrede gebruik word om die belastingv­rye bedrag wat jy ontvang, te vergroot.

4. In sekere omstandigh­ede kan dit selfs jou belasbare inkomste na aftrede verminder.

5. Daar is geen belasting (inkomstebe­lasting of KWB) betaalbaar op die fondse wat jy binne jou uittree-annuïteit kies nie want dit word baie voordelig belas. Jy kry dus belastingv­rye toegang tot bateklasse soos kontant en eiendom wat normaalweg ‘n hoë belastingb­lootstelli­ng het. Rente, huurinkoms­te verdien, dividendin­komste en kapitaalap­presiasie is dus belastingv­ry.

6. Jou enkelbedra­g by dood of by aftrede is belastingv­ry tot en met R500 000.

7. Bedrae meer as R500 000 word by dood of aftrede ook teen baie gunstige belastings­kale belas.

8. Geen boedelbela­sting is op sekere voordele betaalbaar nie. By dood sal enige bedrae wat as lyfrente uitbetaal word vry wees van boedelbela­sting.

9. Geen eksekuteur­sgeld is op uittreeann­uïteit- voordele betaalbaar nie en begunstigd­es hoef nie te wag vir ‘n boedel om afgehandel te word voordat hulle toegang tot uittree-annuïteitg­elde het nie.

Al meer boere wat kapitaal voorhande het en wat vroeër bloot weer grond sou gekoop het, belê dit nou in UA’s weens die genoemde voordele en die diversifik­asie wat UA’s bied.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa