Polokwane Observer

Duurder petrol raak vulstasies só

- Maretha Swanepoel

Die maandeliks­e verhoging van brandstof laat motoriste moedeloos en vele sny op ander behoeftes bloot om brandstof te bekostig.

Die vraag ontstaan hoe hierdie verhogings die eienaars van vulstasies raak.

Polokwane Observer het met Johan Potgieter van Sasol Bendor gesels.

“Die eerste ding waaraan ek dink is die kredietkaa­rtfasilite­it. Ons het in 2010 daarmee begin en dra al die koste daaraan verbonde as ‘n kliënt op dié wyse betaal. Die kontanthan­teringsfoo­ie is ook duurder en weereens is dit op die vulstasie se uitgawes. Ons kan ook nie meeding met vulstasies wat groot- en kleinhande­l op een perseel bedryf nie.”

Frank Hislop van Elegant Fuel beaam dit en sê die vulstasie se transaksie­s raak meer, maar die liters brandstof wat verkoop word, is minder.

“Ons bruto wins is egter heelwat minder. Die risiko raak ook groter met motoriste wat hulle voertuie volmaak en dan net weg ry sonder om te betaal. Die koste van die voorraad wat ons aanhou raak hoër en daarmee saam styg die versekerin­g.”

 ?? ?? Die aanhoudend­e brandstogv­erhogings raak nie net motoriste nie, maar ook vulstasie-eienaars.
Die aanhoudend­e brandstogv­erhogings raak nie net motoriste nie, maar ook vulstasie-eienaars.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa