Polokwane Observer

Moedhou deel van hul oorlewings­trategie

- Maretha Swanepoel

Die vierjarige Carmia du Plessis is anders as die meeste kinders van haar ouderdom.

Waar sy in haar ma, Marinda, se huis op die bank lê, is sy ongeveer die grootte van ‘n baba van ses maande.

Carmia is met mikrokefal­ie serebrale gestremdhe­id (kwadripleg­ie), epilepsie, corpus callosum en skoliose gebore en kan nie haar kop oplig of selfs haar eie bottel vashou nie.

Marinda sê sy het ‘n redelike gesonde swangerska­p gehad, maar die dokters het op 28 weke met behulp van ‘n sonar gesien iets is fout. “Hy het vir my gesê daar is fout, maar nie presies wat die probleem is nie. Later het hy vir my gesê Carmia se kop en lyf se afmetings is nie soos dit behoort te wees nie. ‘n Ginekoloog het gesê die probleem kom gewoonlik by seuns voor en sal teen 35 weke reg wees. Dit was nie die geval nie.”

Marinda het vroeg gekraam en dit was ‘n moeilike en traumaties­e geboorte. “Carmia is na die geboorte weggeneem en ek het nie geweet waar sy is nie. Ek het uiteindeli­k uitgevind sy was in die neonatale intensiewe­sorgeenhei­d.”

Met geboorte het Carmia maar 1.39kg geweeg en teen die volgende dag het sy nog glad nie haar oë oopgemaak nie. Marinda was ingelig dat Carmia geelsug het, en Marinda het haar ma vertel hulle moet gereed maak vir die ergste. “Ek het gedink my kind gaan doodgaan.”

Marinda het onlangs na Polokwane verhuis sodat Carmia nader aan die dokters en terapeute kan wees. Aangesien sy mikrokefal­ie serebrale gestremdhe­id en skoliose het, moet sy in ‘n spesiale rystoel sit. Dié kos R30 000 en word spesiaal vir haar gemaak.

“Ek wil net hê sy moet gemaklik wees. Sy kan nie vanself sit nie. Dit is uitdagend om ‘n kind met spesiale behoeftes groot te maak, en omdat ek werkloos is, soveel te meer. Ek sal haar vir niks verruil nie, sy het my geleer wat geduld is, en sy het my hele perspektie­f van die lewe verander. Ons lewe dag vir dag, want more is nie vir ons verseker nie.”

Bankbesond­erhede:

Capitec

Rekeningho­uer: C du Plessis Rekeningno­mmer: 1937983410

 ?? ?? Marinda du Plessis is haar dogter, Carmia, se enigste versorger.
Marinda du Plessis is haar dogter, Carmia, se enigste versorger.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa