Polokwane Observer

Nataniël neem inwoners op reis

- Maretha Swanepoel

Nataniël se aanhangers in Polokwane het hom met ‘n groot handeklap verwelkom toe hy in sy goue baadjie op Hoërskool Pietersbur­g se verhoog uitgestap het.

Met sy pittige sê-goed het hy van sy grootwordj­are by sy ouma in Wellington vertel. Hy het die gehoor vertel van sy eerste kar wat hy op universite­it gekry het en hoe hy twee en ‘n halwe ure gery het na Wellington wat net 20 minute weg was. Hierna het hy die gehoor op ‘n kleurvolle rit geneem deur Wellington se hoofstraat waar ‘n liefdestor­ing in die winkel opgerig was, met ‘n jong man se arm onder vasgepen.

Tussen sy staaltjies het hy die gehoor vermaak met sy musiek en het liedjies soos

I could make you happy, make your dreams come true gesing. Hy los die gehoor met ‘n paar wyshede:

1. Wys positiwite­it.

2. Wees hoflik.

3. Behou die higiëne wat jy in die grendeltyd aangeleer het.

4. Wees verdraagsa­am.

5. Wees geduldig. Een van die toeskouers, Marieta Janse van Rensburg, sê sy het baie uitgesien na Nataniël se besoek. “Dit was definitief die moeite werd. Ek het so lekker gelag.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Bruce Phillips en sy vrou, Elana, saam met Ricardo Erasmus is opgewonde vir die vertoning. Inlas: Wilna Scott en Elsa du Buisson. Regs: Nataniël.
Bruce Phillips en sy vrou, Elana, saam met Ricardo Erasmus is opgewonde vir die vertoning. Inlas: Wilna Scott en Elsa du Buisson. Regs: Nataniël.
 ?? Ptrede. ?? Vriendinne Nonnie de Lange, Athlene en Ronel Geddes en Carla de Beer voor Nataniël se optrede.
Ptrede. Vriendinne Nonnie de Lange, Athlene en Ronel Geddes en Carla de Beer voor Nataniël se optrede.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa