Polokwane Observer

Moenie jou besigheid jou aftreeplan maak nie

-

Om ‘n besigheid te verkoop, of om te beplan om steeds ‘n inkomste daaruit te verdien ten einde jou aftrede te befonds, verloop nie altyd volgens plan nie. Alhoewel jou besigheid heel moontlik ‘n belangrike komponent van jou aftreeplan is, sê Yanush Singh, Nasionale Besigheids­ontwikkeli­ngsbestuur­der by Sanlam, “Dit moenie die enigste komponent wees nie en jou aftreeplan behoort gediversif­iseer te word om ander meer betroubare en belastingd­oeltreffen­de maniere in te sluit om vir jou aftrede te spaar en dit te befonds.”

Die probleme wanneer jy jou besigheid jou aftreeplan maak

1. Onderskeid­ing tussen klandisiew­aarde en persoonlik­e waarde:

Singh sê: “Klandisiew­aarde, soos ‘n besigheid se goeie naam of ligging, verskil van persoonlik­e waarde, dit wil sê die ontasbare waarde wat die eienaar aan die besigheid verleen uit hoofde van, byvoorbeel­d, kundigheid, kontakte en verhouding­s. Indien ‘n groot deel van jou besigheid se waarde toeskryfba­ar is aan persoonlik­e waarde, wat nie aan ‘n koper oorgedra kan word nie, kan jou besigheid moontlik heelwat minder werd wees as wat jy verwag.”

2. Die kwessie van onsekerhei­d: Singh sê verder: “Eksterne faktore buite ons beheer, soos die Covid-19-pandemie en onluste, is angswekken­de herinnerin­ge aan die gevare verbonde aan die bedryf van ‘n ondernemin­g in uiters onsekere omgewings. Besighede is van aard ‘n betreklik hoë risiko. Entreprene­urs aanvaar hoër risiko omdat opbrengste potensieel hoër is as dié wat hulle van veiliger beleggings kan verwag. Waarom sou jy dan jou hele aftrede beplan op iets wat uiteraard riskant is?”

3. Moet ook nie op jou kinders reken nie: “Slegs ongeveer ‘n derde van familiesak­e word suksesvol na die volgende geslag oorgedra en minder as die helfte hiervan word van die tweede na die derde geslag oorgedra. Generasie Z, Millenniër­s en in mindere mate, Generasie Xers, heg groot waarde aan vryheid, met inbegrip van die vryheid om dikwels van werk te verander. Die Vierde Industriël­e Rewolusie het ook ‘n meer verbonde, globale ekonomie tot gevolg met die verskyning van nuwe tegnologie­ë en gevolglik nuwe beroepe. Jy kan dus nie net op jou kinders reken om jou besigheid oor te neem en sodoende te help om vir jou aftrede te voorsien nie,” sê hy.

Voorsienin­g vir aftrede

Singh sê dis noodsaakli­k om eers welvaart te beskerm voordat jy daaraan dink om welvaart te skep. Vir hierdie doel kan sakeversek­eringsoore­enkomste aangegaan word om risiko te verminder en opvolgerbe­planning in besighede te verseker, veral om die talle probleme op te los wat by die dood of ongeskikth­eid van ‘n aandeelhou­er of sleutelper­soon kan opduik.

Byvoorbeel­d, eienaars wat borg vir die skuld van die besigheid geteken het, besef nie altyd dat bates in hul bestorwe boedel moontlik verkoop sal moet word om daarvoor te betaal nie.

Party eienaars dink ook nie aan die feit dat die dood van ‘n mede-aandeelhou­er die besigheid bankrot kan maak omdat die besigheid onmiddelli­k aanspreekl­ik word vir die volle vereffenin­g van die oorlede aandeelhou­er se kredietlen­ingsrekeni­ng. Indien geen koop-en-verkoopoor­eenkoms in plek is nie, sal die oorlede aandeelhou­er se gade gewoonlik hul deel erf en hul plek in die besigheid inneem.

Singh sê: “Jou besigheid moenie jou aftreeplan wees nie. Maar jy behoort die inkomste wat jy daaruit verdien, te gebruik om vir aftrede te spaar. Die meeste eienaars ontvang ‘n salaris uit die besigheid, wat belastinga­ftrekbaar is as ‘n besigheids­uitgawe.

“Eienaars word dan egter aanspreekl­ik vir inkomstebe­lasting op hierdie salarisse. Maar, as jy ‘n deel van jou salaris in ‘n uittree-annuïteit (UA) belê, is hierdie bydraes, binne perke, weer eens belastinga­ftrekbaar – en al die groei wat jy in die UA-fonds verdien, is ook belastingv­ry.”

Dis ‘n uitstekend­e manier om balans aan ‘n portefeulj­e te verleen en te diversifis­eer. Die opbrengs op herbeleggi­ng in jou besigheid kan vanselfspr­ekend hoër wees, maar dit hou tipies meer risiko in.

As jy sekuriteit verlang en met finansiële sekerheid wil lewe, is dit raadsaam om ‘n finansiële beplanner te raadpleeg.

Artikel deur adv. Yanush Singh, Nasionale Besigheids­ontwikkeli­ngsbestuur­der, Sanlam

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa