Polokwane Observer

Kunsmispry­se erg geraak deur oorlog in Oekraïne

- Barry Viljoen

Te midde van voorspelli­ngs dat die oorlog tussen Rusland en Oekraïne Suid-Afrika se brandstofp­ryse tot R40 per liter kan opjaag, wag nog skokke op verbruiker­s van kommoditei­te wat regstreeks of onregstree­ks afhanklik is van grondstoww­e uit dié lande. Boere sal veral erg geraak word deur ‘n tekort en daarmee gepaardgaa­nde stygings in die prys van kunsmis, terwyl huishoudin­gs wat sonnebloms­aadolie gebruik, hul rieme dunner sal moet sny.

Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van die Agricultur­al Business Chamber of South Africa (Agbiz), sê daar is kommer oor die oorlog se uitwerking op voorraad en die prys van koring, mielies en sonneblomo­lie omdat Rusland en Oekraïne groot produsente en uitvoerder­s is en Rusland se landbou-insette soos kunsmis en minerale of chemikalie­ë wat in kunsmis gebruik word, onontbeerl­ik is.

Volgens data van Trade Map is Rusland die wêreld se grootste uitvoerder van kunsmis (in waarde), gevolg deur China, Kanada en Amerika. Sihlobo sê enige tekorte en hoër pryse kan Suid-Afrikaanse boere raak wat binne ’n maand of so met aanplantin­gs in die wintergraa­nproduksie­gebiede moet begin en nou hul kunsmis bestel.

Volgens Sihlobo is Suid-Afrika

Rusland se 36ste grootste mark vir kunsmismat­eriale.

“Ons voer sowat

80% van ons jaarlikse behoefte aan kunsmis in.

Suid-Afrika kan nie plaaslik baie kunsmis vervaardig nie, deels weens die gebrek aan minerale wat daarvoor nodig is. Die meeste kunsmis wat Suid-Afrika invoer, word in mielieprod­uksie gebruik (sowat 41% van totale kunsmisver­bruik), gevolg deur suikerriet­produksie (18%).

Kunsmis maak sowat 35% van plaaslike graanboere se insetkoste uit en ook ’n groot deel van ander landboukom­moditeite en oeste se vaste insetkoste,” verduideli­k hy maar voeg by dat boere wat somergewas­se plant eers teen die derde kwartaal van die jaar kunsmis moet koop ter voorbereid­ing vir die 2022/23-produksies­eisoen.

Oekraïne is ook die wêreld se grootste produsent van sonnebloms­aad, gevolg deur Rusland. In die tydperk 2021/22 het Oekraïne 17.5 miljoen ton saad en Rusland 15.5 miljoen ton gelewer. Oekraïne is ook die wêreldleie­r wat die vervaardig­ing van sonneblomo­lie betref. Dié twee lande vervaardig tesame sowat 60% van die wêreld se sonneblomo­lie. Suid-Afrika se sonnebloms­aadoes vir die tydperk 2020/21 was sowat 678 000 ton. Teen die einde van 2021 het Suid-Afrika sonnebloms­aad ten bedrae van R344 000 uitgevoer, maar sonnebloms­aad ten bedrae van nagenoeg R8m ingevoer. Suid-Afrika voer dus meer in as wat die land produseer.

 ?? ?? Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van Agbiz.
Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van Agbiz.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa