Polokwane Observer

Nooit te laat om te oefen

- Maretha Swanepoel

Dit is nooit te laat om met oefeninge te begin nie. Dokters beveel hulle pasiënte aan om gereeld te oefen en as jy ouer as 50 jaar is, is oefening voordelig vir beendigthe­id, ‘n gesonde hart en goeie bloedsirku­lasie.

Vir bejaardes wat die gevolge van chroniese pyn of onbeweegli­kheid ervaar, is daar verskeie oefeninge wat krag, kardiovask­ulêre gesondheid, mobiliteit en balans aanhelp.

1. Swem: Die dryfvermoë van die water ondersteun jou liggaam en help jou seer gewrigte om meer vloeiend te beweeg. Aerobiese oefeninge in water is ook ‘n opsie.

2. Oefen met gewigte: Om ligte gewigte op te tel sal nie jou spiere opbou nie, maar wel hulle sterk hou. Begin lig met net 500g of 1kg. Jy behoort die gewigte met gemak 10 keer op te kan tel. Na ‘n paar weke voeg jy ‘n kilogram by.

3. Aangepaste plank: Om te plank is ‘n statiese oefening wat kernstabil­iteit ontwikkel. Die uitdaging is dat party ouer mense nie hulle liggaam se volle gewig effektief kan ondersteun nie. Om dit makliker te maak kan jy ‘n stoel inspan.

Plaas die stoel teen ‘n muur sodat hy nie kan rondskuif nie.

Jy kan die stoel enige manier teen die muur sit. Bejaardes met laer vlakke van krag moet begin deur die agterkant van die stoel vir ondersteun­ing te gebruik. Plaas jou hande op die agterkant van die stoel of op die sitplek, afhangende van die posisie van die stoel, sodat jou hande skouerafst­and van mekaar is.

Gebruik jou liggaam se kern en steek jou voete agteruit totdat jou liggaam ‘n diagonale lyn van jou hakke tot by jou kop vorm. Jou arms moet reguit wees, jou heupe moet in lyn wees met jou knieë en skouers, en jy moet jou kern voel werk om jou liggaam stabiel te hou.

Hou die posisie vir 10 tot 60 sekondes voordat jy weer staan. Voltooi drie stelle, hou elke plank so lank as wat jy kan, terwyl die vorm behou word.

 ?? ?? Oefeninge in water is nie veeleisend op jou spiere nie, maar wel effektief.
Oefeninge in water is nie veeleisend op jou spiere nie, maar wel effektief.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa