Polokwane Observer

VLEISLAPA MARSHALLST­RAAT BLY TOPS

-

Vleislapa Marshallst­raat is berug daarvoor om kwaliteitp­rodukte te lewer, hetsy dit vir ‘n naweekbraa­i of ‘n groot samekoms is, Vleislapa Marshallst­raat sal nooit teleurstel nie.

Die rakke en vleisprodu­kte is altyd netjies, produkte is maklik identifise­erbaar en higiëne en kliëntedie­ns is boaan die eienaars se prioriteit­slys. Dié winkel bied altyd iets lekker van sout tot soet en Saterdae se kaaiings geniet groot aftrek.

Vleislapa Marshallst­raat het vanjaar weer bewys dat hulle vir geen kompetisie hoef terug te staan nie. In Maart het hulle vir die 10de agtereenvo­lgende jaar met die Cleaver Award weggestap as een van die beste slaghuise in die land.

Tydens die formalitei­te by Emperors

Palace in Gauteng op 24 Maart is Vleislapa Marshallst­raat aangewys as 2021 se provinsial­e wenner in die vier-en-meerkasreg­ister-kategorie.

In 2013, 2014 en 2019 was hulle as nasionale wenners in dié kategorie aangewys. Slaghuise word beoordeel op kliëntedie­ns, waarde vir geld, kwaliteit en higiëne. Die beoordelin­g word voorafgega­an deur n sisteem waar kliënte vir die slaghuis van sy keuse stem.

“Ons is baie trots op die prestasie en ek wil al my kliënte bedank vir hul ondersteun­ing en stemme asook my fantasties­tiese personeel waarsonder dit nie moontlik sou gewees het nie. Ek dank ook my Hemelse Vader wat die Gewer van alles is,” sê eienaar Marius van Tonder.

 ?? ?? Elaine, Marius en Elandri van Tonder met die Cleaver-toekenning.
Elaine, Marius en Elandri van Tonder met die Cleaver-toekenning.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa