Polokwane Observer

VLU-Pietersbur­g Noord leer meer oor gesonde leefstyl

- Maretha Swanepoel

Elke jaar word daar ‘n tema toegeken aan die VLU-takke waarom hulle hul vergaderin­gbesprekin­gs saam kan stel. Vanjaar is die tema ‘Seisoen van Vernuwing’ en om daarby aan te sluit het Aleshia Kellerman met die vroue gesels oor gesonde leefstylke­uses en holistiese ontwikkeli­ng.

Dit het op 21 April tydens die klub se maandeliks­e vergaderin­g by die Moth-saal plaasgevin­d.

Aleshia, ‘n voedselkun­dige, maak haar eie melk kefir en kombucha en het genoeg saamgebrin­g sodat almal kon proe.

Aleshia raak die onderwerp van insulien en hoe om jou bloedsuike­rvlakke stabiel te hou, aan.

“Deur die regte kossoorte te eet kan jy jou verterings­telsel gesond en skoon hou.

“Bone is baie gesond en daar is heelwat kos in ons dieëte wat ons met bone kan vervang.”

‘n Paar van die tak se lede het vooraf sjokolade mousse en quiche gemaak vanaf Aleshia se resepte en dit tydens die vergaderin­g voorgesit.

Ilana Pollard, voorsitter van die oggendtak, sê die praatjie was baie interessan­t.

“Ons het net weer besef hoe verkeerd ons eintlik eet en dat dit die rede is waarom soveel mense aan verskillen­de siektes ly. Die lede was vasgevang in Alesia se praatjie en het heelwat vrae aan haar gestel.”

 ?? ?? Lede van die VLU Pietersbur­g Noord oggendtak wat die vergaderin­g bygewoon het. Inlas: Aleshia Kellerman spreek die VLU Pietersbur­g Noord oggendtak toe oor gesonde eetgewoont­es.
Lede van die VLU Pietersbur­g Noord oggendtak wat die vergaderin­g bygewoon het. Inlas: Aleshia Kellerman spreek die VLU Pietersbur­g Noord oggendtak toe oor gesonde eetgewoont­es.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa