Polokwane Observer

DBV winkel vra skenkings, ondersteun­ing voor winter

- Barry Viljoen

Ons het tans ‘n tekort aan boekrakke en skenkings is welkom.

Die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) Polokwane se liefdadigh­eidswinkel in Savannah Mall bied ‘n verskeiden­heid items teen weggeeprys­e en deur hierdie winskooppa­radys te ondersteun, kan inwoners ‘n tasbare bydrae lewer tot die bedryf van die DBV se fasiliteit net buite die stad.

Volgens Kate Britz, wat die winkel weeksdae van 09:00 tot 17:00 en op

Saterdae van 09:00 tot 14:00 saam met

Piet Mogale beman, is items soos klere, speelgoed en geskenke gewild onder kopers. Boeke kry ook ‘n goeie aftrek en die voorraad word gereeld aangevul met skenkings wat ontvang word. “Ons het tans ‘n tekort aan boekrakke en skenkings sal baie welkom wees, sê sy en voeg by dat veral winterskle­re vir kinders in aanvraag is.

Britz vertel dat baie van die skenkings wat ontvang word, van kinders kom wat hul ouerhuise opruim wanneer hul ouers hervestig. “Die meeste is persoonlik­e goed wat nog ‘n goeie doel kan dien en groter items soos meubels word op ons Facebookbl­ad verkoop.”

‘n Gereelde klant, Abe Mokoena, wat ook ‘n skrywer in eie reg is, vertel dat hy selfs Afrikaanse boeke by die winkel koop omdat dit vir hom ‘n bron van inligting is.

“Dit verbreed my kennis en verskaf waardevoll­e insigte wat ek in my werk kan benut,” sê hy.

Selma Landman, bestuurder van die DBV, sê dat al die winste wat deur die winkel gemaak word, by die DBV aangewend word. “Skenkings vir die sentrum kan ook direk by ons gemaak word en items soos kos vir die diere, hondehokke, komberse en beddens, hout- en staalpale en verf kan handig aangewend word en kan ‘n verskil maak,” sê Landman. Kontantske­nkings kan in die DBV se rekening by FNB Polokwane, taknommer 250655 en rekeningno­mmer 627 8633 4658 inbetaal word.

 ?? ?? Kate Britz en Piet Mogale staan gereed om klante te bedien by die DBV se winskoopwi­nkel.
Kate Britz en Piet Mogale staan gereed om klante te bedien by die DBV se winskoopwi­nkel.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa