Polokwane Observer

Gholfklub verwelkom nuwe bestuurder

- Maretha Swanepoel

Terwyl gholfspele­rs hulle ver vernuf op die gholfbaan wys of iets koel by die kroeg geniet, geni is Deon Oosthuizen hard aan die werk in sy nuwe pos.

Oosthuizen is onlangs as bestuurder be van Polokwane Gholfklub aangestel, en alho alhoewel hy nog in sy driemaande proeftyd is, is daar reeds re veranderin­ge in en om die klub sigbaar.

“Ek speel nie gholf nie, ma maar ek het baie bestuursag­tergrond. Ek het ‘n Alzheimer en Dimensie kliniek bestuur en was v vyf jaar by Copperleaf Estate. Net voor d die grendeltyd het ek by Benvenuto gewerk ge en daarna was ek bestuurder op plase in Limpopo.”

Deon het he van die pos by die gholfklub gholfklu te hore gekom en aansoek gedoen, waarna hy vir ‘n proeftyd p aangestel was wat tot to einde Mei verleng is. Hy is nie die tipe mens wat in die di kantoor sit terwyl die personeel pers werk nie, en mens sal hom dikwels agter die kroeg, kr onder die afdak en op o die baan kry.

“Ek is verantwoor­delik vir die dag-tot-dag take by die klub, asook die oriëntasie en implementa­sie van sisteme. Ons moet die sisteme van voor af opstel en begin gebruik, en ons moet ook beter voorraadbe­heer toepas. Op die stadium identifise­er ek probleme en lei die personeel op. Ek E hou daarvan om met die d personeel te werk en e so te sien waar daar probleme p is.”

Deon D het nie vasgesteld­e ure wat hy werk nie, maar sy werk we is vir hom so lekker dat hy selfs op Sondae by die klub is. Sy beplanning bepla vir die klub is om dit die beste in die land te maak, en begin by ‘n deli waar spelers en hulle families ‘n ete kan nuttig. Later sal daar aandag gegee word aan die tuine en sandkuile. sandkuil

 ?? ?? Deon Oosthuizen sorg dat die Polokwane Gholfklub
op standaard is.
Deon Oosthuizen sorg dat die Polokwane Gholfklub op standaard is.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa