Polokwane Observer

ENTEERRTAI­NMENT

Ek het nog net eenmaal in my loopbaan in Polokwane opgetree en sien baie uit om weer daar uit te kom. Van Coke sien uit na 2de besoek aan stad

- Maretha SwanepoelS­wan

Bykans twee-en-‘n-half tw jaar na Francois Franc van Coke vir die eers eerste keer Polokwane besoek het, tree hy weer hier o op.

Dié keer sal hy te sien wees wee by die Winterfees wat wa vroeg in Junie by die di Container Bar plaasvind. p Van Coke s sal Donderdaga­and om

20:00 op die verhoog wees en vertel hy sien uit daarna om weer hier op te tree. tree

“Ek het nog net een keer in my loopbaan loopb in Polokwane opgetree en sien baie uit om weer daa daar uit te kom.”

Van Coke, Co wie se regte van Badenhorst Badenho is, het in 2003 bekendheid bekendhe verwerf toe hy deel van die Afrikaanse rockgroep, Fokofpolis­iekar Fo was. In 2015 skop s hy sy sololoopba­an af met die liedjie, Toe vind ek jou, wat saam met Karen Zoid Z gesing is.

“Ek is b baie lief vir musiek speel en dus, wanneer ek geboek word om iewers op te tree, sal ek enige plek op Aarde speel. Ek gaan terug Polokwane toe om dit waarvoor ek so lief is te doen.”

Van Coke het reeds saam met verskeie ander kunstenaar­s liedjies opgeneem waaronder Spoegwolf, Jack Parow, Early B en Die Heuwels Fantasties, maar hy droom om saam met Die Heuwels Fantasties nog te toer.

“Ek was nog nooit in Amerika nie, en sal graag daar wil optree. Ek put my inspirasie uit alles wat rondom ons gebeur en my familie is my grootste motivering, hulle gee my rede om te lewe. Musiek het altyd eerste in my lewe gekom, totdat ek ‘n familie gekry het.”

Op die vraag oor wie Van Coke se ‘spirit animal’ is, antwoord hy Tasché Burger. Tasché was die eerste vrou om met die wentitel van The Voice SA weg te stap, en Van Coke was haar mentor tydens die derde seisoen wat in 2019 op televisie uitgesaai is.

Om kaartjies te bespreek vir Van Coke se optrede op 2

Junie by Container Bar besoek CONTAINERB­AR WINTERFEES (quicket.co.za).

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa